Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 10 VAN 10

Openbaring 12:11 is 'n pragtige teksvers wat beskryf hoe ons vyand, die Satan, finaal verslaan word.


"Hulle het self die oorwinning oor hom behaal, danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het ..."


Het jy dit gelees? Ons oorwin oorloë, reuse, depressie, angs, siekte, skuldgevoelens, onsekerheid, eensaamheid en wanopvattings deur die wonderlike verlossing wat ons ontvang wanneer ons ons geloof in Jesus bely en sy dood en opstanding verkondig en die "boodskap waarvan hulle getuig het". Deur. Ons. Woorde.


Deur my getuienis en verklaring, soos Dawid oor sy God en reus gesê het, alhoewel daar ‘n geveg voorlê, sê ook 1 Johannes 4:4 dat ek aan God behoort. Ek het alreeds die oorwinning behaal omdat die Gees wat in my is, groter is as die duiwel wat in die wêreld is! Dit is my getuienis!


Deur my getuienis en verklaring, en deur dit gelowig te sê soos Elia toe hy net 'n klein reënwolkie gesien het: Ek kan dalk nie die antwoord sien nie. Ek kan dalk nie die antwoord voel nie, maar "Ek weet egter as God vír ons is, wie kan dan teen ons wees?" (Romeine 8:31) "in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet" (Romeine 8:37).


Deur my getuienis en verklaring, en om soos ‘n nuut-toegeruste tienerdogter toegewyd te wees om die Woord van God te verkondig en te sê: Ek weet dat my woorde lewe of dood kan voortbring. Daarom sal ek vandag lewe en genesing en bemoediging en vrede en net die goeie oor my omstandighede uitspreek.


Wat is jou getuienis? Watter vers uit die "swaard van die Gees" moet jy na jou reus slinger? Wat het Hy in sy Woord gesê wat jy moet sê?


Hier volg ‘n gebed om daagliks te bid. Die woorde kom direk uit DIE WOORD. SY WOORDE. Dit neem “Hy het gesê, sy sê” baie letterlik op en plaas die krag van jou hemelse Vader uit jou mond direk op die gevegslinie van elke reus wat jy moet trotseer:


Hemelse Vader, ek verheug my oor die kragtige en kosbare beloftes wat U aan my gee. Ek is verheug daaroor dat U geen goeie gawes van my sal weerhou nie. U het dit gesê, en ek glo dit. U laat alles vir my ten goede meewerk. U woorde is vir my en is kragtig. U woorde wys vir my die weg. Wanneer ek u woorde sê, spreek ek lewe. Wanneer ek u woorde toepas, is ek geseënd. Dankie dat U hierdie geestelike wapen aan my geskenk het om elke oorlog en elke stryd wat oor my pad kom, te kan beveg. Vandag sal ek in U en in u krag sterk wees. Ek sal hierdie geestelike wapen – die Bybel – gebruik deur dit te lees en oor my lewe uit te spreek. Vandag gee ek my bekommernisse en sorge aan U oor. Vandag kies ek om my oor niks te bekommer nie en in plaas daarvan sal ek vir U sê wat ek nodig het en aan U dankbaarheid betoon vir alles wat U gedoen het. Ek sal my gedagtes vestig op alles wat waar en eerbaar en reg en rein en lieflik en prysenswaardig is. Ek sal op U vertrou en nie op my eie begrip nie, in die wete dat wanneer ek dit doen, U my sal lei. Vader, U het gesê dat ek enigiets deur gebed van U kan vra en as ek glo dat ek dit sal ontvang – dit so sal wees. Ek glo. Vader, ek glo U gee my krag. Ek glo U het vir my – u meesterstuk – ‘n doel gegee. Ek glo dat enige gees van vreesagtigheid of skugterheid wat ek voel, nie van U af kom nie, want U het my 'n gees van krag en liefde en selfbeheersing gegee. U het dit gesê en ek glo dit. U het gesê U is by my. Wanneer my hart gebroke voel, sal U my genees en my emosionele wonde verbind. Wanneer ek oorweldig voel, sal ek glo en aanvaar dat die oorwinning reeds deur Jesus Christus myne is. Ek glo dat die Gees in my groter is as enige fisieke of emosionele uitdaging wat ek in hierdie wêreld mag teëkom. Ek glo U is aan my kant en het my 'n oorvloedige en bevredigende lewe gegee. Ek glo U het my lief en dat niks my ooit van daardie liefde sal skei nie. Dankie Jesus. Ek ontvang van U en ek spreek vreugde, seëninge, goedheid, vrede, krag, begrip, duidelikheid, genesing, liefde, selfbeheersing en oorweldigende oorwinning oor my lewe uit. Ek is 'n oorwinnaar. In die Naam van Jesus. Amen.


---


VanHy Het Gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid