Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 8 VAN 10

Wat Hy Oor Onsekerheid & Skuldgevoelens Gesê het


Die ou yster A-raam swaai in die agterplaas was die beste ding van my kinderjare. Ek het glashelder herinneringe hoe ek op sewejarige ouderdom teen die warm sypale afgly en hoe my bene gebrand het. Ek onthou ook die wipplank se stukkende plastieksitplek. Een herinnering staan egter kop en skouers bo al die ander uit: die dag wat ek geprobeer vlieg het.


Een Sondagmiddag, net na kerk, het ek my valletjiesrok vir ʼn kortbroek en T-hemp verruil en koers gekry na die swaai. Die laslappie-sitplek van rubber en plastiek het om my klein kinderruggie gevou en ek het myself in posisie gewikkel. Ek het my bene gebruik om die swaai op en af, hoër en hoër te swaai. Dit is nou of nooit, het ek gedink. As ek op die regte oomblik laat los en spring en my vlerke klap, ek bedoel arms swaai, sal ek beslis kan vlieg!


Ek het so hoog geswaai dat die ysterpale van die grond af opgelig het. Die oomblik wat ek besef het dat die raam sou omval as ek enigsins hoër sou skoppelmaai, het ek gelos, gespring, arms geswaai en …


Swaartekrag.


Daar is ʼn baie goeie kans dat jy ook al in jou lewe so 'n weergawe was. Miskien het jy selfversekerd gevoel oor wie jy as moeder is, of selfs omdat jy nie 'n moeder is nie. Jy was tevrede met jou posisie by die werk of skool. Iets het egter verander. Dalk het jy deur sosiale media geblaai en na beelde van meer-as-perfekte vroue met wonderlike gesinsfoto's gekyk. Jy moes moontlik male sonder tal vrae trotseer soos “waarom is jy nie getroud nie” of “wanneer begin julle met ʼn gesin” of “waarom het jy nie ʼn graad verwerf nie”? Dit het veroorsaak dat jy jou selfvertroue begin bevraagteken het. Jy voel onseker. Jy dra swaar aan skuldgevoelens en voel dat jy nie voldoen aan nuwe en verwarrende standaarde nie


Miskien het jy beplan om geestelik, intellektueel of liggaamlik uit te styg. Jy het baie tyd aan Bybelstudies, Woordoordenkings en selfdissipline gewy. Dit moes jou tog selfvertroue gebring het oor wie God jou geskep het om te wees en die doel wat Hy vir jou het, maar dan word jy deur die swaartekrag van vergelyking ontmoedig.


God het ʼn doel vir jou en dit is goed en dit is joune. Dit is nie jou suster s'n nie. Dit is nie jou buurvrou s'n nie. God se doel vir jou is uniek en dit is joune – net joune. Vertrou jy Hom met jou lewe? Oorweeg dan om die volgende Skrifgedeeltes te lees en “Ek is ...” verklarings daarmee te maak.


--


Van Hy het Gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid