Aangaande YouVersion

Toepaslikheid

In vorige geslagte was die toegang wat mense tot die Bybel gehad het baie beperk. Vandag is dit nie meer die geval nie. Baie mense wat toegang tot die Bybel het, dink egter dat die boodskap nie van toepassing op hul lewens is nie. Terselfdertyd is daar ander wat glo dat daar 'n verband is tussen die Bybel en hulle daaglikse belewenisse.

Inligtingsrewolusie

Oor die afgelope dekade het die Internet 'n rewolusie teweeggebring wat mense soos nog nooit tevore bemagtig. Met die vermoë om te deel, by te dra, te skep, uit te saai en te kommunikeer, is dit maklik om wie ons is en wat ons glo te verwoord en met die res van die wêreld te deel.

YouVersion

Sedert sy begin in 1996, is Life.Church se doel om mense te lei om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Sodoende het ons na nuwe maniere gesoek om mense te help om die Bybel met hul daaglikse lewens te verbind. Ons metodes het oor die jare verander namate ons verskeie tegnologieë en strategieë geïnkorporeer het. Maar in die kern bly ons fokus op relevansie, aangesien ons konsekwent daarna streef om aan mense te demonstreer en te leer hoe die Woord van God met almal verband hou, maak nie saak waar hulle in die lewe is nie. YouVersion verteenwoordig 'n nuwe grens in Life.Church se pogings. Ons bou nie net 'n instrument om die wêreld te beïnvloed deur innoverende tegnologie te gebruik nie, nog belangriker, ons betrek mense in verhoudings met God terwyl hulle die relevansie van die Bybel vir hul lewens ontdek.

Bybeluitgewer vennote

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid