Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 9 VAN 10

Wat Hy Oor Eensaamheid Gesê Het


Is dit nie verstommend nie dat die woorde alleen en eensaam baie dieselfde klink? Al is jy nie alleen nie, kan jy nogtans eensaam wees. In 'n vertrek vol mense, in 'n stampvol kerk of selfs tussen laggende en geselsende vroue by 'n partytjie, kan jy steeds totaal eensaam voel.


In Johannes 19 word 'n pragtige gebeurtenis beskryf. Maria, die moeder van Jesus, staan en toekyk hoe haar Seun aan 'n kruis vasgespyker word. Sy aanskou hoe Hy gemartel en gespot word. Sy kyk na Hom met die bewustheid dat daar binnekort 'n leemte in haar lewe gaan wees. Juis dan doen Jesus iets wat baie mooi is. Hy het haar nie berispe en toegesnou: "Vrou! Jy WEET dit is deel van God se plan! Dood is onvermydelik! Kom daaroor!" nie. Hy het nie na haar neergekyk en geskree: "Hou op huil! In hemelsnaam, jy sal oorleef!" nie. Nee, ons kosbare en liefdevolle Jesus het na sy moeder gekyk waar sy langs sy geliefde dissipel Johannes staan en simpatiek vir haar gesê: "Daar is u seun" (vers 26). Deur Johannes met daardie woorde deel van haar lewe te maak, het Hy aan haar bevestig dat sy nooit alleen sal wees nie.


Op hierdie oomblik doen Hy dieselfde vir jou. Dit maak nie saak of jy letterlik alleen is en of jy eensaam voel asof jy nêrens behoort nie. Hy wil jou eensaamheid vervang met 'n liefdevolle verhouding met Hom. Moenie weerstand bied nie. Jy hoort altyd by Hom en jy behoort aan Hom.


--


Van Hy Het Gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid