Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 5 VAN 10

Jy Het Ook Reuse


Reuse is oral om ons. Kyk byvoorbeeld na die groot hond wat langs ons woon. Vir my is BJ (Brownie Junior) 'n spelerige plattelandse hond wat by die buurman woon, bedags vir hul perde blaf en snags saam met die jakkalse huil. Vir die 7-jarige Cole was BJ egter 'n vreesaanjaend roofdier.


Cole het my nooit vertel dat hy vir BJ bang is nie en eintlik dink ek nie hy was regtig bang nie — tot een Woensdag net voor sononder. Dit was Cole se beurt om die rommel buitentoe te neem. Dit het beteken dat hy die asblik van die motorhuis af teen die lang oprit na die provinsiale pad bo-op die heuwel moes stoot. Raai wie se heininglose erf was direk langs ons oprit? BJ s'n.


Wat ek geweet het, wat Cole nie geweet het nie, was dat BJ 'n elektroniese halsband gedra het wat 'n ligte vibrasie en piepgeluid maak as hy te naby aan sy elektriese, onsigbare heining kom. BJ het nooit daardie onsigbare grens oorgesteek nie.


Terwyl Cole huiwerig die vullis na die bopunt van die heuwel gestoot het, het BJ van sy stoep af gelê en loer. Hoe harder die lawaai wat die asblik se wiele gemaak het, hoe meer geïrriteerd het BJ geword. Toe gebeur dit. BJ het reguit in die rigting van Cole gestorm, gereed om toe te slaan. Op presies dieselfde oomblik wat BJ die onsigbare grens bereik het, het Cole sy hand in die lug opgesteek en gesaghebbend beveel: “STOP.” Asof BJ heeltemal gehoorsaam was het hy tot stilstand gekom.


“Wow …” het ek Cole in verwondering hoor mompel vanwaar ek hom van die motorhuis se deur staan en dophou het.


Wat het ek gesê voor Cole teen die heuwel op is?


“BJ is massief!”


“Het jy gesien wat daardie hond met sy sagte speelgoed doen?”


“Genugtig ... ek het nog nooit so 'n harde geblaf gehoor nie!”


Nee. Terwyl al hierdie dinge kon waar wees, is dit wat ek vir Cole gesê het in pas met die groter waarheid wat ek geken het: "Alles sal reg wees. BJ sal jou nie seermaak nie."


Toe BJ dus vir Cole bestorm het, het Cole nie om hulp geskree nie. Cole het nie gesê: "Hy is so groot! Kry my hier uit!" nie. Nee, Cole het eenvoudig met selfvertroue gesê: "STOP." Sy woorde en dade het gestrook met die waarheid waarin sy ma se geglo het.


Strook jou woorde en dade oor jou reuse met jou Vader se waarheid en sy Woord? Oorweeg dit om hierdie verse hardop te lees.


--


Uit Hy het gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid