Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 2 VAN 10

Wat God vir Jou wil hê: God Gebruik Nie 'n Witbord Nie


'n Kind is seker so drie of vier jaar oud wanneer "ernstige" dissipline begin. Dit was die geval in ons gesin toe ek en Michael besluit het wat die beste manier is om Cole te hanteer wanneer hy homself in 'n woedebui op die grond neergooi of vir ons in die supermark weghardloop. Dalk 'n pak slae? 'n Gedragskaart? Tyd in afsondering?


Een of ander tyd het mens egter nie meer tyd om te besluit op die beste manier nie, dis maar ouerlike instink wat inskop. "Jy kry 'n X!" het ek uitgeroep na een van Cole se woedebuie.


'n X? Wat op aarde is 'n X en hoe het ek eens daaraan gekom?


Ek het nie geweet wat 'n X was nie, maar blykbaar het Cole geweet. Dis al wat nodig was. Ek sou dreig met 'n X en hy sou homself regruk, rustig raak en elke opdrag gehoorsaam. Wonderlik ... ouerskap gaan so maklik wees! Of so het ek gedink.


Ek en Cole het een Saterdag opgekrul na ou strokiesprente gelê en kyk toe ek iets opmerk. Elke keer wanneer die strokiesprentkarakter kop eerste in die dinamiet vashardloop, verander sy oë in groot swart X'e. Ai. Mense, my kind het gedink ek dreig hom met die dood.


God gee nie X'e nie. God het nie 'n dik, rooi pen in die hand om merkies langs jou naam te plaas op 'n witbord in die hemel nie. Hy vestig nie sy liefde vir jou op wat jy doen of nie doen nie, of gedoen of nie gedoen het nie. Romeine 5:8 sê: "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."


Sy Woord sê nie: "Hy weerhou die goeie" as ons voormalige verslaafdes is nie. Sy Woord sê nie: "Hy weerhou die goeie" as ons met kanker gediagnoseer is nie. Nee, Psalm 84:12b sê: "Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie."


God wil hê wat vir jou, sy kind, goed is en elke belofte in sy Woord is joune. Hy is jou grootste ondersteuner. Hy lei die kreet: "Jy het dit!"


Oorweeg dit om die volgende verse hardop te lees en te verklaar. Onthou, die Skrif sê die tong het mag oor dood en lewe – die einste woorde wat ons sê.


--


Uit Hy het gesê, sy Sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid