Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 4 VAN 10

Om die Vader en sy Stem te Ken


Ons ken almal die verhaal van Dawid en Goliat. Kom ons begin by die begin. Dawid, 'n skaapwagter, het by sy trop skape gebly terwyl sy ouer broers na die oorlogsfront gereis het. Op 'n dag het Dawid se pa hom gevra om brood en voorrade na sy broers op die slagveld te neem. Toe hy daar aankom, hoor Dawid die geskreeu en dreigemente van 'n massiewe man — 'n reus met die naam Goliat, wie se blote bespottings die leër laat vlug het.


Wat van God? Wie was God vir Dawid? Dawid kon nie gou Google "Wie is God?" nie en daar was geen Nuwe Testament om na Hom te verwys nie. Vir Dawid om God te ken, moes hy 'n intieme verhouding met sy hemelse Vader gehad het. Hy het ook. Ons weet uit die Skrif dat Dawid God as sy Redder gedefinieer het. Hy het God gedefinieer as die een wat hom gered het en die een wat alles red wat vir hom belangrik is. En – hier is die kern van die saak – Dawid het 'n definisie van God gehad, lank voordat hy 'n definisie van sy probleem, Goliat, gehad het.


Verstaan jy dit? Dawid het meer van sy God geweet as van sy probleem. Kan ons dit sê oor al die foute en beproewings in ons lewens?


Nie net het Dawid baie van sy God geweet nie, maar hy het gepraat oor sy God in die Psalms en in sy liedere en selfs by die koning. In Psalm 3, sê Dawid: “U, Here, beskerm my aan alle kante” en in Psalm 4, “Here, U alleen laat my veilig woon.”


Dawid het geweet as hy die reus wou verslaan, was dit nodig dat sy woorde by DIE Woord pas. As hy die woorde glo wat hy skryf en hy glo die getuienis van sy Redder, dan moes dit wat hy sê hiermee ooreenstem. Dit was nodig dat sy beskrywing van wat voor hom is, ooreenstem met die beskrywing van wat binne hom is en hy moes dit verkondig.


Deur die woorde wat hy regdeur 1 Samuel 17 gesê het, kan ons Dawid se gewaagde vrymoedigheid en vasberadenheid sien dat hy sy vyand sou en kon verslaan. Dawid se vertroue om sy reus te verslaan, was nie in sy spiere of sy mag nie, maar in sy woorde en sy aanbidding. Hy het geweet sy God is 'n redder en verlosser, en hy het dit hardop gesê.


Is die woorde wat jy sê in pas met DIE Woord? Stem jou optrede ooreen met wat God oor jou situasie sê?


--


Uit Hy het gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid