Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 6 VAN 10

Wat Hy Oor Vrees Gesê Het


Jy weet mos hoe sommige kinders in hulle neuse krap? Nie Cole nie. Ek bedoel nooit. As hy 'n ander kind by die kleuterskool dit sien doen het, het dit hom naar gemaak. As ons by vriende gaan eet het, het ek nooit "moenie in jou neus krap nie" op die lysie van etiketreëls gesit waaraan ek hom herinner het nie. Natuurlik was "moenie 'n wind los nie" op die lysie, maar nooit "moenie in jou neus krap nie". Hoekom? Omdat hy nie geneig was om dit te doen nie. Dit was nie deel van sy persoonlikheid nie.


Net soos ek my seun deur en deur ken, ken God sy dogters deur en deur. Hy het geweet dat ons tot vrees en bekommernis geneig sou wees.


Ek het met vroue regoor die land gesels — vroue wie se vrese kragtiger is as monsters onder die bed of 'n bangmaak kampvuurstorie. Hulle vrese sorg dat slaap iets van die verlede is. Vrese wat in familieprobleme of in onlangse krisisse diep gewortel is. Vrese wat, menslik gesproke, eintlik kan gebeur.


Ek het met mamma's gesels wat babas verloor het, vroue wat seergemaak is deur 'n eks-man, tienermeisies wat pynlike woorde uit vorige vriendskappe saamdra. Laat ek jou vertel — dis vrese wat hulle daagliks in die gesig staar. Die vrese het stemme en rig wapens op hulle. Hul vrese beroof hulle van die vermoë om daaglikse take te verrig en steel hul vreugde en vrede en slaap. Hul vrese takel hulle af en veroorsaak siekte en verwarring.


Ek weet nie waar jy inpas nie. Ek weet nie of vrees vir jou 'n vlietende gedagte is en of vrees jou elke beweging dikteer nie. Die goeie nuus is, ek hoef nie te weet waar jy inpas nie, want die Woord van God pas vir almal. Dit is 'n wapen vir jou grootste gevegte en ook vir jou kleinste kwessies. Dit is 'n wapen wat jy op die ingewing van die oomblik kan optel, net wanneer jy dit die nodigste het, selfs al het jy dit in jare nie gebruik nie.


Telkens in sy Woord gee God vir ons 'n lys van herinneringe wat wapens teen bekommernis geword het. Hy het geweet dat ons geneig sou wees tot vrees en malende gedagtes, daarom het Hy die volgende verse as wapens aan ons gegee. Maak dit jou eie en sê dit in tye van vrees hardop.


--


Uit Hy het gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid