Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 1 VAN 10

Misverstande: Die Slegste en Beste Motorritte Ooit


As gevolg van een kort gesprek was dit een van die mees folterende, sieldeursoekende motorritte van my lewe. Ons het pas weggetrek na die erediens toe my vyfjarige seun, Cole, van agter af uitroep: "Ek wil nie 'n Christen word nie!"


Ek wou eers soos in die verlede aftrek en hom 'n goeie pak slae gee omdat hy selfs net so iets dink. Toe ek tot verhaal kom, vra ek:


“Hoekom nie?” Dit was al waaraan ek kon dink.


Sy antwoord? “Ek wil nie aan 'n kruis sterf nie! Nooit nie!”


“My kind” slaak ek 'n sug van verligting “jy hoef nie aan 'n kruis te sterf nie! Jesus het dit in jou plek gedoen. Trouens, Hy het gesterf sodat ons vir ewig saam met Hom in sy seëninge en beloftes kan leef!”


Ek sou graag wou sê dat my woorde hom beïndruk het, maar dit het nie. Miskien kon sy jong brein dit nie begryp nie of miskien het 'n maatjie in die klas hom anders oortuig, maar deur die loop van die volgende jaar het hy hierdie gesprek telkemale weer opgehaal – tot die volgende folterende motorrit plaasgevind het.


“Mamma” sy stemmetjie het baie Sondae later huiwerig van die agtersitplek af gekom: “Ek is gereed om aan 'n kruis te sterf.”


“Cole” het ek kalm geantwoord “God is lief vir jou. Hy het jou so lief dat Hy nie wil hê jy moet aan 'n kruis sterf nie. Eintlik, al wat jy hoef te doen om 'n Christen te word, is om te sê dat Jesus die Here is en jy glo dat God Hom uit die dood opgewek het. Is jy gereed om dit te doen?”


“Regtig, Mamma? JA!”


Ons twee het toe gebid: ek in die voorste sitplek, Cole in die agterste sitplek, terwyl hy die lieflike gebed herhaal wat so baie mense al vir duisende jare lank bid.


Hemelse Vader, ek glo dat Jesus die Here is. Ek glo dat U Hom uit die dood opgewek het. Ek glo ek is gered en ek wil nou vir U leef. In die Naam van Jesus. Amen.


Hierdie keer, het hy dit geglo. Dit het vir hom sin gemaak. Iets het gebeur om die misverstand op te klaar.


Het jy al ooit iets misverstaan? Was daar ooit 'n tyd toe jy geglo het jy moet God se liefde verdien of hard werk om sy beskerming en beloftes te ontvang? Miskien het jy gevoel jy is bestem vir siekte, vrees en eensaamheid en nie eens besef God het beloftes in sy Woord oor hierdie presiese kwessies net vir sy kinders nie. Is jy sy kind? Indien nie, dink daaraan om ook hierdie gebed te bid wat ek en Cole jare gelede gebid het.


--


Uit Hy het gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid