Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 3 VAN 10

Hoe om te Veg: Die Stemme in my Kop


As kind het ons die lekkerste agterplaas gehad. Die grond en gras was vir my die perfekte bestanddele om 'n speel-restaurant se spesialiteitsgereg te maak: slaai. Groen onkruid as basis, geel magrietjies as garnering en sand as slaaisous.


My pa was my enigste kliënt. My speelkombuis was op sy roete van die stoep na sy werkswinkel. Hy het altyd gestop om te "proe" wat op my spyskaart was en dan gesmul aan sy bord kos (natuurlik deur dit op die grond uit te gooi wanneer ek nie gekyk het nie).


Soms voel my denke, liggaam en emosies soos daardie slaai. 'n Bietjie bekommernis, met 'n paar pyne en skete bygevoeg as garnering, bedruip met skuld en onsekerheid en gedagtes van eensaamheid daarop gestapel. Net soos daardie onkruidslaai egter nie vir my goed was nie, is hierdie stryd-slaai ook nie.


Sou dit nie wonderlik wees as ons hemelse Vader alles net op die grond kon uitgooi wanneer ons nie kyk nie? Dit werk egter nie so nie. Kom ek doen 'n vrye, maar kragtige vertaling van 2 Korintiërs 10:3-5 met 'n bietjie Efesiërs 6 ingemeng:


Ek is 'n mens, maar ek is nie veronderstel om te stry soos 'n mens nie. Ek is veronderstel om God se wapens te gebruik. (Hy het my die swaard van die Gees gegee, wat die Woord van God is.) Ek moet hierdie magtige, seëvierende wapen gebruik om te stry teen die kragtige vrese wat my keer om deur God bemagtig te word. Ek moet die Woord van God gebruik om enige fisieke, verstandelike of geestelike siektes te vernietig wat my keer om God se doel vir my te bereik. Ek moet my onseker gedagtes gevange neem wat, ondanks kragtig, in opstand kom teen die goeie wat God vir my wil gee. Die gedagtes wat God 'n leuenaar noem, omdat dit nie ooreenstem met sy Woord nie, moet ek gevange neem. Dit is my taak om my gedagtes in pas met sy Woord te bring.


2 Korintiërs 10 sê ONS voer oorlog. ONS gebruik God se wapens. ONS vernietig vals argumente. ONS vernietig goed wat ons verbeel. ONS neem rebelse gedagtes gevange. Efesiërs 6 beveel ONS om die wapenrusting van God aan te trek. ONS neem die swaard van die Gees op, wat die Woord van God is.


ONS — Nie God nie. In plaas daarvan, het jou God vir jou – sy kind – elke bron gegee vir die lewensstryd wat jy nodig het. Hy het jou toegerus met sy Woord om jou negatiewe gedagtes en sorge te vernietig.


Kom ons voer hierdie stryd. Oorweeg dit om die volgende verse hardop oor jou lewe te lees.



Uit Hy het gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid