Leesplan inligting

Hy het gesê, sy sê: Die Krag om uit die Woord van God te BidVoorbeeld

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

DAG 7 VAN 10

Wat Hy Gesê het oor Geestelike en Liggaamlike Siekte


Elia het nie die droogte geïgnoreer nie. 1 Konings 18 vertel dat hierdie droogte so lank aangegaan het dat dit drie jaar was sedert tekens van goeie reën. Kos was skaars. Water was heel moontlik besoedel. Die hongersnood was erg. Koning Agab het selfs in vers 5 beveel: “Kom ons trek deur die land, na elke fontein en spruit toe. Dalk kry ons gras om die perde en muile aan die lewe te hou.” Elia was te midde van hierdie krisis, maar hy was 'n dienaar van God, vol geloof en bekend vir daardie geloof.


Kom ons lees 'n gedeelte van 1 Konings 18:


Daarna sê Elia vir Agab: “Gaan eet eers, want ek hoor al die gedruis van die reën.” Agab het toe gaan eet, maar Elia het na die top van Karmelberg toe opgeklim en terwyl hy daar na die aarde toe buig met sy kop tussen sy knieë, sê hy vir sy slaaf: “Gaan kyk in die rigting van die see!” Hy gaan kyk toe, en kom sê: “Daar is niks.” Elia het vir hom gesê: “Gaan kyk weer.” Dit het sewe keer gebeur. Na die sewende keer het hy kom sê: “'n Wolkie so groot soos 'n man se hand kom uit die see uit op.” Elia sê toe: “Gaan sê gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reën jou vaskeer.” Toe hulle nog praat, het die lug donker geword van die onweerswolke; die wind het opgekom en groot reëns het uitgesak.


Voordat Elia die bewyse gesien het en selfs voordat hy gebid het, het Elia oor die beloftes geprofeteer. Hy het gesê: “... ek hoor al die gedruis van die reën.” Selfs toe daar nie eens 'n wolkie in die lug was nie, het Elia nie getwyfel nie. Selfs toe hulle vir die tweede keer na tekens van reën gaan kyk het, 'n derde keer, 'n vierde keer, 'n vyfde keer, 'n sesde keer ... het hy nie getwyfel nie. Elia het nie moed verloor of 'n nederlaag erken nie. Die sewende keer het hy iets met meer as net geloof gesien. Hy het iets met sy oë gesien. Hy het nie donderwolke in die verte sien saampak nie. Hy het nie eens reëndruppels op sy gesig voel val nie. Hy het 'n klein wolkie, so groot soos 'n hand, net bo die horison gesien. Die antwoord.


Voordat jy bewyse van genesing sien, voordat jy selfs bid, profeteer die beloftes in vandag se verse. Sê dit hardop. As geloof kom omdat jy dit hoor, praat dan telkens met jouself oor sy kosbare beloftes. Moenie moed verloor nie. Hou aan kyk. Selfs wanneer jy niks sien nie. Hou aan kyk. Selfs die tweede keer wat jy bid en verkondig, die derde, die vierde, die vyfde, die sesde ... Moenie moed verloor of 'n nederlaag erken nie. Wanneer jy dan 'n sprankie hoop sien, prys sy Naam. Sy wil is genesing! Sy begeerte is Vreugde! Sy woord is vir jou. Nou kom ons sê dit.


--


Uit Hy het gesê, sy sê, deur Allyson McElroy van On3Ministries.com


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

He Said, She Says: The Power of Praying God's Word

Hierdie leesplan, en die boek met dieselfde titel, handel oor die uiteindelike verhouding waar "Hy" jou liefdevolle, hemelse Vader is, en "sy" is jy, die lieflike, kosbare vrou wat 'n vriend geword het en saam met my op ...

More

Baie dankie aan On3Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.on3ministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid