Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 3 VAN 10

Ek Is Vergewe en Vry Van Veroordeling



God se vergifnis strek tot by die ergste oortreders en elkeen wat dit wil ontvang—nie as gevolg van wie ons is nie, maar as gevolg van wie Hy is. — Charles Swindoll



Mense sukkel om ander te vergewe. Ons vergewe ook nie graag iemand anders nie. Nie net dit nie, maar ons kasty onsself oor ons swak keuses en sukkel selfs om te aanvaar dat ons vergewe kan word. 



God se onverklaarbare liefde vir ons is bewys deur sy onbaatsugtige daad om sy Seun aarde toe te stuur. Jesus het gewillig die hemel by sy Vader verlaat om die swaarste straf vir jou en vir my te betaal. Hy het aan die kruis gesterf en het op die derde dag uit die graf opgestaan. Sy offer het ons verlos en vir enige sonde betaal: verlede, hede of toekoms. As gevolg van die liefde van God vir ons, word ons vergewe. Laat dit insink: ons is vergewe



Nie omdat ons goed is nie, maar omdat Hy goed is. 

Nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat Jesus vir ons sondes betaal het. 



Behalwe dat ons God se vergifnis ontvang het, is ons ook vry van veroordeling. Wat dit beteken, is dat God ons glad nie veroordeel wanneer ons volgelinge van Christus word nie. Die beskuldigende stemme wat ons van ander asook ons geestelike vyand hoor, het geen mag nie—of dit behoort nie te hê nie. Ons kan geen beskuldiging toelaat om ons te weerhou daarvan om die lewens te leef wat God ons gegee het nie.  Soos die NLV weergawe van Romeine 8:1 sê: “... is die oordeel nou heeltemal weggeneem.” 



Kom ons probeer dus iets anders wanneer ons deur veroordelende gedagtes gekonfronteer word. Herken hulle en spreek die waarheid oor ons gedagtes. Ja, ons het almal foute gemaak en nie volgens God se standaarde geleef nie. Tog oorlaai God ons elke dag met sy volmaakte barmhartigheid en genade. Daarom is ons vergewe en vry van veroordeling. 



Oordink




  • Skryf in jou eie woorde neer wat “ek is vergewe en vry van veroordeling” vir jou beteken. 

  • Herhaal “Ek is vergewe en vry van veroordeling” dwarsdeur jou dag - stel jou horlosie en sê dit elke uur, sodat dit diep in jou gewortel is of skryf dit op 'n kaart en plaas dit waar jy dit dikwels kan sien.

  • Dink aan 'n situasie waarmee jy te doen gekry het of gaan kry, waar jy hierdie waarheid kan toepas.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid