Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 5 VAN 10

Ek is Nuut Gemaak



God het ons lief net soos ons is, maar te veel om ons so te los. — Leighton Ford 



Dis nou maar hoe ek is.



Het jy al ooit dit van jouself gesê? Ons het dit waarskynlik al almal op 'n sekere punt in ons lewens gesê. Ons is so gewoond daaraan om dinge te doen soos ons dit altyd gedoen het, dat net die voorstel van verandering ons gedagtes onderkry. Jy het dit dalk vir jou beste vriend gesê nadat jy sy gevoelens seergemaak het. Miskien het jy dit aan jou huweliksmaat gesê, sodat daar nie te veel van jou op 'n sekere gebied verwag word nie. Dit is moontlik dat ons dit oor onsself geglo het, want dis ongelooflik oorweldigend om hierdie denkwyse te verander. 



Dus, nou bly ons maar net soos ons is.



Daar is egter goeie nuus. Die Bybel sê vir ons dat as ons in Christus is, ons nuwe skeppings is. Dit is reg—as volgelinge van Christus is ons letterlik nuwe mense. Ons ou lewens is weg en ons nuwe lewens het begin. 2 Korintiërs 5:17 sê: “Die oue is verby, die nuwe het gekom.” 



Maar ons is nie net hard op onsself nie, of hoe? Kom ons pas dit toe op diegene wat ons teëkom. Het jy al ooit gesê: “Hy sal tog nooit verander nie”? As ons nie die frase hardop gesê het nie, het ons dit waarskynlik gedink. Ons sien dat mense keer op keer aanjaag. Hulle doen dieselfde aaklige dinge en sê dieselfde vieslike woorde wat ander aftakel en vernietig, en hulle verander nooit. En ons dink ook nie dat hulle ooit sal nie. Maar as 2 Korintiërs 5:17 vir ons waar is, kan dit ook vir hulle waar wees. 



In plaas daarvan om te dink dat verandering en geestelike groei nooit in hul lewens sal plaasvind nie, laat ons glo en hoop vir die beste—nie net in onsself nie, maar ook in ander. Laat ons die dinge in ons karakter raaksien wat ons moet verander en daarna streef om die beste weergawe van onsself na vore te bring. Ons is almal onvoltooide werke, maar terwyl ons in hierdie toestand is, kan ons steeds rus in die waarheid dat ons in Christus nuut gemaak is.



Oordink




  • Skryf in jou eie woorde neer wat “Ek is nuut gemaak” vir jou beteken. 

  • Herhaal “Ek is nuut gemaak” dwarsdeur jou dag - stel jou horlosie en sê dit elke uur, sodat dit diep in jou gewortel word of skryf dit op 'n plakkaat en sit dit waar jy dit dikwels kan sien.

  • Dink aan 'n situasie waarmee jy te doen gekry het of sal kry, waar jy hierdie waarheid kan toepas.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid