Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 7 VAN 10

Ek is Veilig Teen die Bose



Ek glo dat die aanvalle op jou lewe veel meer te doen het met wie jy in die toekoms kan wees as met wie jy in die verlede was. — Lisa Bevere



Ons almal val soms vas. Ons val vas in 'n siklus van moedeloosheid en ontnugtering. Dikwels hou ons aan met dieselfde toksiese patroon, en neem dieselfde slegte besluite wat tot dieselfde ongelukkige resultate lei. 



Het jy geweet dat ons geestelike vyand vreeslik baie daarvan hou? Hy hoop absoluut dat ons op 'n plek sal bly wat nie net ver van God af is nie, maar ook waar ons die goedheid van ons God sal betwyfel. 



Die Bybel noem die duiwel die vader van leuens. Hy word nie die vader van egskeiding of haat of vrees genoem nie. Hy is die vader van leuens. Hy kan net lieg, want dit is sy moedertaal. Daar kom nooit 'n greintjie waarheid van hom af nie, of van die duiwels wat hy uitstuur om mense te teister nie. Maar moenie dat dit jou ontstel nie. Want…



Hy wat in julle is, is groter as die duiwel wat in die wêreld is.



Laat dit insink. 



Die God van die heelal woon in jou as 'n volgeling van Christus en Hy is groter as ons geestelike teëstander. Ja, ons vyand probeer om verwoesting in ons lewens te saai. Ja, hy probeer ons weghou daarvan om God te volg. Ja, hy wil hê dat ons verslae moet voel, sodat ons in skaamte sal bly leef. 



Maar hy het nie die finale sê nie. God het. 



Dit beteken nie dat die duiwel nie nog steeds agter jou sal aankom om jou te oortuig om vir jouself te leef nie. Hy sal. Wat dit wel beteken, is dat hy geen houvas op jou het nie. En hoe meer tyd jy daaraan wy om jou in God se waarhede in die Bybel te verlustig, hoe meer sal jy die duiwel sien vir wie hy regtig is—iets afstootliks wat met die heilige Woord van God vernietig kan word.



Die duiwel wil jou met vrees vervul en jou onveilig laat voel. Moenie dit toelaat nie. As gevolg van wat God in jou lewe gedoen het en nog gaan doen, is jy veilig teen die bose. Staan vas in daardie waarheid.



Oordink




  • Skryf in jou eie woorde neer wat “Ek is veilig teen die bose” vir jou beteken. 

  • Herhaal “Ek is veilig teen die bose” dwarsdeur jou dag - stel jou horlosie en sê dit elke uur, sodat dit diep in jou gewortel word of skryf dit op 'n plakkaat en sit dit waar jy dit dikwels kan sien.

  • Dink aan 'n situasie waarmee jy te doen gekry het of sal kry, waar jy hierdie waarheid kan toepas.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid