Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 6 VAN 10

Ek is Meer As 'n Oorwinnaar



God is op soek na diegene met wie Hy die onmoontlike kan doen—tog so jammer dat ons net vir die dinge beplan wat ons self kan doen. — AW Tozer



'n Oorwinnaar is iemand wat iets wen of oorkom. In Christus is ons nie net oorwinnaars nie, maar ook méér> as oorwinnaars. Wat dit beteken is dat ons in staat is om enigiets te kan verduur en te deurstaan, deur die wonderbaarlike krag van God wat in ons woon. Ons moet dit aanvaar en in die geloof wandel totdat dit ons werklikheid word. 



Jy wonder dalk: “Wat het ek om te oorwin?” Baie. Ons oorkom: 



Onsself

Ons menslike begeertes wil dinge hê wat in stryd is met die beter dinge wat God vir ons wil hê. Galasiërs 5:17 wys daarop dat ons vlees en ons gees in 'n voortdurende stryd met mekaar is. Tog swig ons té gereeld voor ons vleeslike begeertes. Dis in hierdie oomblikke wat ons moet besluit wie gaan wen: ons of God. 



Aanvalle

Nie net het ons vleeslike begeertes wat ons van God se uiteindelike plan af wegrokkel nie, maar ons het ook 'n geestelike vyand. Hy haat ons en skiet ons met pyle van twyfel, ontmoediging, vrees, woede en haat, in die hoop dat een van hulle ons sal tref. Ons moet op ons hoede wees, gereed om in oorwinning te leef deur God se magtige krag. 



As ons net kon verstaan dat ons enorme krag tot ons beskikking het wanneer daar enige probleem of moeilikheid opduik. 



Daardie uitdaging in ons beroep wat ons konfronteer? Ons is meer as oorwinnaars.

Die haakplekke in verhoudings wat ons oorweldig? Ons is meer as oorwinnaars.

Daardie fisiese probleem wat pyn veroorsaak? Ons is meer as oorwinnaars.

Die finansiële moeilikheid wat ons bekommerd maak? Ons is meer as oorwinnaars.

Die geestelike las wat ons dra? Ons is meer as oorwinnaars.



Wanneer ons voor 'n uitdaging te staan kom, het ons nie net Christus se krag om dit te oorwin en te verslaan nie—ons het ook die krag om dit te onderdruk, te verpletter en te verydel. Ons probleme staan geen kans nie, want sy enorme krag maak ons meer as oorwinnaars



Oordink




  • Skryf in jou eie woorde neer wat “Ek is meer as 'n oorwinnaar” vir jou beteken. 

  • Herhaal “Ek is meer as 'n oorwinnaar” dwarsdeur jou dag - stel jou horlosie en sê dit elke uur, sodat dit diep in jou gewortel word of skryf dit op 'n plakkaat en sit dit waar jy dit dikwels kan sien.

  • Dink aan 'n situasie waarmee jy te te doen gekry het of sal kry, waar jy hierdie waarheid kan toepas.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid