Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 10 VAN 10

Leef Ooreenkomstig Jou Naam



Hoe meer jy bekragtig wie jy in Christus is, hoe meer sal jou gedrag jou ware identiteit begin weerspieël. - Neil T. Anderson



Hierdie agt waarhede oor ons identiteit in Christus is net die begin van die leerproses oor ons ware identiteit in Christus. 'n Vinnige soektog op die Internet vir wie ek in Christus is sal bladsye en bladsye met artikels, video's, potgooie en dokumente lys. Hierdie inhoud uit 'n verskeidenheid Bybelse bronne, neem ons dieper in ons soeke na meer inligting oor wie God sê ons is, en oor watter eienskappe ons as sy kinders beskik. 



Maar om net nuwe inligting aan te leer is nie genoeg nie. Ons moet dit toepas en deel van ons maak, sodat ons dit kan uitleef. Dit beteken bloot dat ons die dinge wat ons geglo het wat nie akkuraat was nie, herken, en dan die waarheid daaroor in ons gedagtes sê. 



Pastoor Craig Groeschel het 'n boodskap gedeel met die naam Woorde om van te Leef (Words to Live By). In hierdie boodskap praat hy oor hoe om die leuens wat ons glo te vervang met waarhede uit die Bybel. Om dit reg te kry gee hy vir ons twee vrae om onsself af te vra terwyl ons besluit wat ons “woorde om van te leef” is. Hulle is:




  1. Watter negatiewe gedagtes oorheers jou denke?

  2. Watter geestelike waarhede sal hierdie vestings vernietig?


Die negatiewe denkprosesse waarmee ons almal sukkel word vestings genoem. Dit beteken letterlik dat hulle 'n vashouplek in ons gedagtes het. Maar ons hoef nie daar te bly nie. Ons het alles wat ons nodig het om enigiets te beveg wat probeer om ons regmatige identiteit te konfiskeer. 



Ons het God se Woord—die Bybel.  



God se Woord is lewendig, aktief en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit het die vermoë om ons gedagtes en die bedoelings van ons harte te onderskei. Dit is deur God geïnspireer en is vir ons voordelig in herstel, onderrig en bemoediging. God se Woord is 'n lamp vir ons voete en 'n lig vir ons pad. Dit kan in ons harte versteek word, sodat ons nie teen God sondig nie. 



Kom ons begin om die lewegewende waarhede wat ons in die Bybel vind toe te pas, sodat ons van slagoffer na oorwinnaar kan beweeg. Dit is tyd dat ons ooreenkomstig ons naam begin leef en weet wie ons in Christus is. 



Oordink




  • Skryf die agt stellings van waarheid uit hierdie leesplan neer en sê dit elke dag hardop. 

  • Gebruik 'n rukkie gedurende die volgende drie dae om jou algemeenste negatiewe gedagtes neer te skryf en hoe dit daaglikse jou lewe beïnvloed. Vervang dit dan met een van die agt stellings van waarheid uit hierdie leesplan.

  • Begin van nou af elke dag deur hierdie waarhede oor wie jy in Christus is, op te noem en kyk hoe jou gedagtewêreld dramaties verander.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid