Leesplan inligting

Wie Ek In Christus IsVoorbeeld

Who I Am In Christ

DAG 8 VAN 10

Ek is 'n Burger Van Die Hemel



My huis is in die hemel. Ek reis net deur hierdie wêreld. — Billy Graham



Die aarde is vol besienswaardighede en ervarings wat ons asems wegslaan. Wonderskone sonsondergange, majestueuse berge en fassinerende woude is maar net 'n paar dinge wat ons aanskou. Ons voel aangetrokke tot baie dinge op hierdie planeet, maar tog is die aarde net ons tydelike woning en nie die plek waar ons vir ewig gaan bly nie. Op 'n sekere punt sal ons almal hierdie aardbol moet agterlaat waar ons nou woon. 



Ons burgerskap as volgelinge van Christus is in die hemel. As dinge dus nie op ons manier verloop nie en ons in die hier en nou teleurstelling ervaar, kan ons ons gedagtes met hoop vul deur hierdie waarheid te onthou. As die pyn te groot is en ons wonder hoe ons dit gaan uithou, moet ons net onthou dat hierdie warboel tydelik is. Die Bybel sê dat ons lewe soos mis is wat 'n rukkie daar is en dan weer verdwyn. Die kort tydjie wat ons as mens op die aarde bestaan, is gering in vergelyking met die ewigheid in die hemel, want dit duur vir altyd. 



Hoe is die hemel dan? Die Bybel gee ons 'n bietjie inligting oor ons ewige tuiste, maar die meeste van wat ons daaroor sal leer, gebeur op die dag wat ons die aarde verlaat. Die Bybel sê dat God iets groots voorberei het vir diegene wat Hom liefhet (1 Korintiërs 2:9) en dat geregtigheid in die hemel woon (2 Petrus 3:13). 



Maar Openbaring 21 gee ons nogal 'n groot blik op die hemel wanneer Johannes sy ooggetuieverslag deel. Dit is wat hy oor die hemel sê:



Dit is 'n heilige stad.

God sal by ons woon.

Ons sal sy mense wees. 

Hy sal elke traan afvee.

Daar sal nie dood of leed of smart of pyn wees nie.

Jesus sal alles nuut maak.

Die heilige stad skyn met God se heerlikheid.

Daar is geen tempel nie, want God self is die tempel.

Daar is geen son of maan nie, want die heerlikheid van God verlig dit.

Niks onreins sal toegelaat word nie. 



Kan jy jouself dit voorstel? 'n Plek sonder boosheid of pyn of hartseer? 'n Plek waar God se heerlikheid so helder is dat dit die son oorskadu? Dis verstommend en oorweldigend om daaraan te dink. En dít is wat ons tuiste kan noem, want ons is burgers van die hemel.



Oordink




  • Skryf in jou eie woorde neer wat “Ek is 'n burger van die hemel” vir jou beteken. 

  • Herhaal “Ek is 'n burger van die hemel” dwarsdeur jou dag - stel jou horlosie en sê dit elke uur, sodat dit diep in jou gewortel word of skryf dit op 'n plakkaat en sit dit waar jy dit dikwels kan sien.

  • Dink aan 'n situasie waarmee jy te te doen gekry het of sal kry, waar jy hierdie waarheid kan toepas.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Who I Am In Christ

Wie is jy? Hierdie vraag kry dikwels 'n antwoord wat sê wat ons doen. Ons identiteit kom egter van wie God sê ons is - nie wat ons doen nie, en beslis ook nie uit wie ander sê ons is nie. Om te weet wie ons is as volgeli...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid