Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 12 VAN 12

Wanneer Jy Bevraagteken en Glo


Uithouvermoë is nie net die vermoë om 'n moeilike ding te verdra nie, maar om dit in heerlikheid te verander.


— William Barclay, Skotse predikant. 


Ek weet nie waardeur jy gaan of wat jy alreeds oorleef het nie. Maar ek weet dit: ons God is 'n goeie God wat ons genoeg liefhet om sy dierbare Seun te offer, die grootste geskenk wat Hy ons kon gee, net sodat ons Hom kan ken, net sodat ons Hom op aarde kan verheerlik, net sodat ons die ewigheid saam met Hom in die hemel kan spandeer. 


Hy het ons so lief. Ons is in staat om Hom lief te hê — of enigiemand anders — net omdat Hy ons eerste liefgehad het.


Wanneer moeilike dinge gebeur, en die beste wat jy kan doen is om te wil glo, is dit genoeg. Moenie ophou om te wil glo nie. 


Laat daardie vonk van hoop toe om te groei, deur te vertrou dat God reg langs jou is. Bid en vra God om jou te help om jou ongeloof te oorkom. Soos Habakuk, vra jou vrae en wees dan bereid om na God se reaksie te luister. 

My gebed is dat jy sal groei om die soort geloof van Habakuk te hê wat ons in hoofstuk drie sien. Maar die saak staan so: jy kan nie 'n hoofstuk drie soort geloof hê voordat jy 'n hoofstuk een soort vraag en 'n hoofstuk twee soort wagperiode gehad het nie. God doen dikwels meer geestelike dinge in die vallei as op die bergtop. 


Ek het nie al die antwoorde op jou vrae nie. Maar aangesien ek God lief het en Christus vir meer as nege en twintig jaar al dien, is dit wat ek kan sê: Ek het al genoeg gisters saam met Jesus gewandel om Hom met al my môres te vertrou. 


Wil jy nader aan God groei? Wil jy daardie intimiteit met Hom hê, meer as wat jy 'n gemaklike, moeitevrye, probleemvrye lewe wil hê? 


Moet dan nooit ophou om te wil glo nie. 


Jy kan hoop in die donker tye hê. Want soos jy groei en God leer ken, sal Hy selfs nog meer van sy liefde, sy getrouheid en sy genade openbaar. En met verloop van tyd sal jy besef, glo en vashou daaraan dat, wanneer die lewe moeilik is, God steeds goed is. 


Bid: God, ek glo U is goed, en ek is gereed om steeds nader en nader aan U te groei. Ek is hierin vir die langtermyn. Amen.  


Kom meer te wete oor Craig Groeschel se boek, "Hope in the Dark".


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid