Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 5 VAN 12

In Geloof



Neem die eerste treë in geloof. Jy hoef nie die hele pad te sien nie, neem net die eerste tree. 



— Martin Luther King Jnr. 



Wat geloof betref, gaan daar 'n wagtyd betrokke wees. Ek hou van C.S. Lewis se beskrywing: "Ek is seker dat die Here nie iemand laat wag tensy Hy sien dat dit goed is vir die persoon om te wag nie." Ons kan die Here vertrou om, op die regte tyd, te doen wat goed is vir ons.  



Selfs wanneer ons geforseer word om te wag, bevestig God sy beloftes aan ons en herinner ons aan sy teenwoordigheid. Dit mag deur sy Woord wees, deur 'n fluistering, deur 'n persoon of bloot deur ons geloofsvertroue dat Hy by ons is. 



Indien jy jou geloof wil versterk, ken ek geen beter plek as die boek van Hebreërs nie. Daar, in hoofstuk 11, vind ons die "geloofshelde" — 'n lys van vele mense wat moeilike tye beleef het, gewag het, in geloof geleef het en die vervulling van die Here se beloftes beleef het. Daar vind ons persone wat deur ongelooflike belewenisse — menslik gesproke onmoontlike beproewinge — gegaan het en uiteindelik 'n nuwe vlak van intimiteit met God beleef het, terwyl hul getuies van sy krag was.



Deur geloof het Noag die Here gehoorsaam, 'n ark gebou en sy gesin gered. 



Deur geloof het Abraham en Sara die seun ontvang wat God hul belowe het, ten spyte van die feit dat hul verby die ouderdom van vrugbaarheid was. Deur geloof het Josef verraad, slawerny, valse beskuldigings en inhegtenisname oorkom, om die volk van Israel te red. Deur geloof het God se volk Egipte verlaat en deur die Rooi See geloop, wat aan beide kante van hul oopgekloof was. Deur geloof het die Israeliete die mure van Jerigo laat tuimel, deur rondom die stad te marsjeer.



Hierdie mense was nie een perfek nie; inteendeel, hulle was ver van perfek af. Hul het elkeen hul eie stryd, twyfel, foute en swakplekke gehad, maar hulle het met deusettingsvermoë aan hul geloof vasgehou en op die Here gewag, keer op keer. 



Deur geloof sal jy ook hierdeur kom. 



Dink daaroor na: Indien jy alles kon uitreken, sou jy nie geloof nodig gehad het nie. Jy sou bloot leef volgens jou begrip en logika, maar nie in geloof nie. Wanneer jy iets nie verstaan nie, bied dit jou die unieke geleentheid om jou geloof te verdiep.


Oswald Chambers het gese: "Geloof is die doelbewuste vertroue in God se karakter, wie se weë jy nie op 'n spesifieke tyd mag verstaan nie." 



Gebed: Here, sal U asb my geloof laat groei, ver bo my behoefte om alles uit te werk?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid