Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 1 VAN 12

Waar is U, Here?  


Mense erken nie desperaatheid geredelik nie. Wanneer hul dit wel doen, trek

- Philip Yancey


Dwarsdeur ons lewens bereik ons almal 'n punt waar ons met geestelike kwessies worstel. Ek het 'n man geken, wie se eggenoot van agtien jaar, noodlottig beseer is in 'n ongeluk waar die bestuurder van die motor onder die invloed van drank was. Na die ongeluk, in 'n gesprek met hom, het hy uitgebars: "'n Goeie God sou nie toelaat dat 'n dronk idioot my vrou vermoor en die idioot laat lewe nie! Ek is nie eens meer seker dat God wel bestaan nie, en indien wel, wil ek nie enigiets met so 'n soort God te doen hê wat so iets toelaat nie!" 


Ek het nie hierdie man se verlies ervaar nie, maar ek kry nogtans seer vir sy onthalwe. Wat meer is, ek kon sien dat, onderliggend aan sy pyn, hy eintlik wel op God wou vertrou. Hy kon net nie op daardie oomblik die pyn wat hy beleef vereenselwig met die beeld van God waarin hy wil glo nie. 


Ek het hierdie boek en leesplan geskryf vir die talle mense wat sukkel om te glo dat God vir hul lief is en omgee, in besonder wanneer hulle in die middel van 'n krisis is. Wanneer jy deur 'n vallei strompel is dit moeilik om die lig te sien. Jy wil glo, maar vind dit moeilik om die hoop-gevulde boodskap van die Christelike geloof te vereenselwig met wat jy om jou sien en beleef. 


Meer as 2 600 jaar gelede het Habakuk baie van dieselfde vrae gevra wat mense dwarsoor die wêreld vandag nog vra. In God se genade het Hy Habakuk tot 'n mate van sy angs verlos terwyl Hy sekere vrae steeds onbeantwoord gelaat het. Aan die ander kant van sy twyfel het Habakuk gegroei tot 'n persoon met 'n ryker geloof, 'n geloof wat moontlik nie so ten volle sou ontwikkel indien hy nie deur sy twyfel gestoei het nie. Ons lees sy storie gedurende die volgende paar dae. 


Dink daaroor. Indien jy alles ten volle verstaan het, sou jy nie geloof nodig gehad het nie, sou jy? Sonder geloof is dit onmoontlik om God tevrede te stel.(Hebreërs 11:6) Hoekom? Want geloof en vertroue moet ontspring vanuit liefde en nie vanuit 'n besigheidsverhouding, 'n transaksie of 'n situasie waarin ons geen keuse het nie.


Is jy gewillig om eerlike vrae te vra? Om te worstel? 


Meer belangrik, is jy gewillig om te luister na God se antwoord? 


Gebed: Here, ek is gereed om te worstel met my twyfel en vrae. Ek is gereed om te luister na wat U vir my wil sê. Amen


Meer van Craig Groeschel


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid