Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 8 VAN 12

Aanvaar



Dit is nie ontkenning nie. Ek is net selektief oor die realiteit wat ek aanvaar.



— Bill Watterson, Calvyn en Hobbes 



Soms, selfs wanneer ons alles onthou wat God vir ons gedoen het, verander dit nie ons omstandighede nie. Soms moet ons net aanvaar dat dit op die oomblik buite ons begrip is en net voortgaan. Maar ons moet ook besef dat aanvaarding nie ontkenning is nie. 



Wanneer jy aanvaar wat God doen, onderdruk jy nie net jou gevoelens en laat jou hart doodgaan nie, selfs as jy jou glimlag in die spieël oefen en Bybelverse memoriseer. Wanneer jy aanvaar dat God besig is met iets wat jy nie nou kan sien of verstaan nie, aanvaar jy dit nie maar net gedweë en gee jouself oor tot wanhoop nie. Nee, jy bid vir 'n wonderwerk van Hom, tensy Hy jou anders vertel. Maar jy gee nie voor dat alles reg is as dit nie so is nie. 



Habakuk kon beslis nie voorgee en sy kop in die sand druk nie. Nadat hy God bevraagteken het en die Here gereageer het deur aan hom te sê dat hy die goddelose Babiloniërs sou gebruik om Israel te vernietig, het Habakuk gesê: "Toe ek hierdie dinge hoor, het ek gesidder, my lippe het gebewe, my hele liggaam het lam geword, my bene het aan die ruk gegaan. Tog sal ek geduldig wag dat die dag van die oordeel moet kom oor die volk deur wie ons aangeval is."(Habakuk 3:16). 



Sy reaksie was intuïtief. Ken jy die verlammende sensasie wat jy in jou ingewande kry wanneer iets slegs gebeur wat buite jou beheer is? Dis wat Habakuk in die gesig gestaar het. 



Toe Habakuk die realiteit aanvaar het terwyl hy op God gewag het, was dit nie ontkenning nie. Dit was geloof. Nie geloof dat God sal doen wat Habakuk wou gehad het God moet doen nie. Maar geloof in God se karakter. Habakuk gaan voort deur te sê: "Die soewereine hand van God doen iets hier. God het gepraat, so ek sal aanvaar wat Hy doen, so moeilik soos dit ook al vir my mag wees." 



Soms sal iets gebeur waarvan jy nie hou nie. Dit mag dalk nou aan die gebeur wees. 



Jy onthou wat God gedoen het. Jy aanvaar wat God doen. Jy vertrou wat God gaan doen. 



Bid: God, ek verstaan nie wat aangaan nie, maar ek aanvaar dat U op die een of ander manier in beheer is. 


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid