Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 9 VAN 12

Vertroue



Die beste bewys van liefde is vertroue. 



-Joyce Brothers 



Habakuk bied ons 'n wonderlike model van 'n gesonde, gebalanseerde reaksie op wat die ergste nuus moes wees wat hy van God kon ontvang. Selfs toe sy liggaam gereageer het, het hy besef dat hy 'n keuse gehad het oor wat hy gaan glo. Hy kon sy emosies vertrou. Hy kon sy huidige siening van die situasie vertrou. Of hy kon vertrou dat God een of ander goeie ding uit 'n ondenkbare scenario kon bring — die Babiloniërs wat hul land binneval. 



In jou lewe mag dit voel asof die Babiloniërs alreeds die landskap van jou hart verwoes het. Jy mag dalk bedroef wees oor verliese wat jare terug plaasgevind het. Maar selfs te midde van al daardie pyn, sal jy deurbreek tot 'n nuwe vlak van intimiteit met Hom, indien jy kies om God te vertrou, ten spyte van alle bewyse tot die teendeel. Jy sal sy teenwoordigheid, te midde van jou seer leer ken. Jy sal sy karakter vertrou wanneer jy nie jou omstandighede verstaan nie. Dit maak dan nie saak wat gebeur nie, hoe pynlik jou hart deurboor is nie, jy kan voortgaan om nog 'n dag een tree verder te gee. 



Soos met Habakkuk, word jou gebed eerlik oor wat jy verloor het of sal verloor, as jy besef dat jy steeds vir God het. 



"Alhoewel my eggenoot gesê het tot die dood ons skei en nie aan die belofte voldoen het nie, sal ek steeds bly wees in die Here my God." 



"Alhoewel ek my kinders grootgemaak het om beter te weet en hulle nou uiters gewaagde besluite neem, sal ek nogtans in die Here my God vertrou." 



"Selfs al het ons gebid dat iemand se gesondheid verbeter en dit net erger geword het, sal ek nogtans op die Here my God vertrou." 



"Al sal ons huis nie verkoop word nie en ons aan 'n draadjie hang, sal ek nogtans op die Here my God vertrou."



"Alhoewel finansies moeilik is en dit R4 000 gaan kos om my motor te herstel, sal ek nogtans op die Here my God vertrou." 



"Al hou ek nie daarvan nie, al verstaan ek dit nie, al weet ek Hy kan en Hy moet, maar Hy doen dit nie, sal ek nogtans op die Here my God vertrou." 



Bid: Ten spyte van ... sal ek U nogtans vertrou. U is my God. 


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid