Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 11 VAN 12

Glo



Ek glo in die Christendom soos wat ek glo dat die son opgekom het: nie net omdat ek dit sien nie, maar omdat ek as gevolg daarvan al die ander dinge sien.



— C. S. Lewis 



Ware hoop vereis 'n ferm, standvastige fondasie. Soos die skrywer van Hebreërs verduidelik: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." (Hebreërs 11:1) Sonder ons geloof in die karakter van God — en ons verhouding met Hom — as ons fondasie, kan ons net sowel hoop op Kersvader of een of ander toep. 



Ek besef dat al hierdie abstrakte idees, net so ook geloof, kan begin voel of dit verwyderd is van die vlees-en-bloed, rekeninge-en-bankrotskap beproewinge waardeur jy mag gaan. Maar miskien is geloof nie abstrak nie. Miskien is dit die enigste fondament wanneer alles geskud word. Die apostel Paulus stel dit so: "Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het." (Romeine 5:3-5) 



Hier is my siening van Paulus se vordering van lyding tot intimiteit met God: Wanneer ons deur die moeilike tye ly, neem ons God op sy Woord en glo dat Hy steeds in beheer is, met 'n spesifieke doel in gedagte. Ons druk dus deur, terwyl ons op Hom staatmaak. Soos wat ons aangaan, uur na uur, dag na dag, week na week, word ons sterker. Ons geloof groei, ons volwassenheid groei, ons vertroue in God groei. Soos wat ons sterker word, glo ons in God se goedheid, meer as in ons omstandighede. Ons leer om te glo in God se beloftes.



Geloof in God kan jou stewige fondament wees.



As jy steeds wil glo, sal God jou ontmoet te midde van jou pogings om te glo. Selfs al gooi jy jou Bybel eenkant en swaai jou vuis na God of bevraagteken Hom, soos Habakuk gedoen het, sal God die passievolle opregtheid van jou strewe eer. As jy regtig God se nabyheid en omgee vir jou wil ervaar soos jy deur jou beproewinge gaan — en jy smag meer na Hom as net ander omstandighede — dan sal Hy langs jou wees met elke treë wat jy gee. 



Bid: God, Ek kies om te glo in u goedheid en liefde. Ek glo in Jesus, u Seun, en wat Hy gedoen het om my te red. Sal U die fondament van my lewe word? 



As jy nou net gebid het om Jesus die fondament van jou lewe te maak, lees hier


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid