Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 4 VAN 12

Wag



O Here, leer ons die dissipline van geduld, want om te wag is dikwels moeiliker as om te werk. 



— Peter Marshall 



Die meeste van ons hoef nie meer te lank vir enigiets te wag nie. Dink net aan hoe rusteloos jy voel wanneer die dokter nie op tyd is. Dit maak jou gek, nie waar nie? 



Blykbaar was Habakuk ook nie gek daaroor om te wag nie. Nogtans het hy geweet dat dit die volgende ding was wat hy moes doen as hy dit uit die vallei van wanhoop wou maak. God het vir hom gesê: "Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie."(Habakuk 2:3)



Die Hebreeuse woord hier vir "vasgestelde tyd" is mow’ed, wat beteken, die regte tyd, die bepaalde tyd, die goddelike gekose tyd, wanneer God toelaat dat iets gebeur. Daar is 'n ou gesegde dat God selde vroeg, nooit laat nie, en altyd betyds is. Dit word opgesom deur mow'ed



Miskien bid jy al vir wat ewig blyk te wees, vir iemand wat jy lief het, om na Christus te kom. Dus wag jy. Jy mag dalk vir God 'n ander soort wonderwerk vra. Vir iemand om gesond te word. Vir iemand om bevry te raak van 'n verslawing. Vir 'n bevordering. Of 'n gade. Jy bid. Jy wag. 



Dan wag jy nog 'n bietjie langer. 



Wanneer jy deur die Skrif kyk, sal jy voorbeeld na voorbeeld na voorbeeld sien van mense wat deur God gekies is, naby aan Hom is, wat nog steeds ondervind dat hulle moet wag. 



God het vir Moses gesê: "Ek gaan jou gebruik om my volk te red en die nasie van Israel te herbou." Toe het Moses op 'n veertig jaar lange reis gegaan. Veertig jaar! 



Hier is nou een van my gunstelinge. Die apostel Paulus het 'n geestelike ondervinding en ontmoet Christus. Hy ondergaan 'n verandering en sê: "Ek word geroep om te preek. Dis waarvoor ek hier is. Dit is al. Ek is genoodsaak om die evangelie te verkondig. Dit is my Godgegewe, uitsonderlike doel in die lewe." En dan wag hy. Dertien jaar het verbygaan voordat daardie doel begin het. Dertien jaar voor hy die geleentheid gekry het om sy heel eerste preek te lewer! 



Tydens sommige seisoene in die lewe wag jy net.



Gebed: Ek is gewillig om te wag. God, wat kan ek doen om U te leer ken terwyl ek wag?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid