Leesplan inligting

Hoop In Donker TyeVoorbeeld

Hope In The Dark

DAG 2 VAN 12

Luister



Luister na jou lewe. Alle oomblikke is sleuteloomblikke. 



— Frederick Buechner



Wees eerlik met jouself. Wanneer was die laaste keer toe jy gesit en slegs 'n opregte, lewendige gesprek met iemand anders gehad het, waarin jul om die beurt opreg geluister het na wat die ander te sê het? Geen toestelle. Geen TV. Geen musiek. Geen afleidings. 



Geen wonder dit is so moeilik vir ons om na God te luister nie. 



Met die lees van Habakuk 1 sien ons dat hy met vrymoedigheid vir God al die werklik moeilike vrae gevra het wat op sy hart was. Dit is moeilik om vir iemand lief te wees — selfs vir die Skepper van die heelal — indien jy griewe het en jou werklike gevoelens wegsteek. Habakuk was duidelik lief vir God, maar dit het hom nie verhoed om Hom respekvol uit te daag met die versoek om hom te help om die groot gaping tussen wat hy glo en wat hy in die lewe om hom sien, te verstaan nie. 



Nadat die profeet al sy vrae gevra het, het hy geweet dit was nou tyd om te luister. Dieselfde geld vir jou. Habakuk skryf: "Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt." (Habakuk 2:1) Hierdie beeld: "ek sal op my uitkyktoring staan en wag om te hoor wat God vir my wil sê", is vir my kosbaar. Soms is die redes waarom ons nie antwoorde op ons vrae kry nie, die feit dat ons nie gewillig is om te rus en lank genoeg vir God te wag om Homself aan ons te openbaar nie. 



Die skrywer van Psalm 46:10 haal God aan: "Wees stil, en weet Ek is God."(DB) 



Let op wat God nie sê nie. Hy sê nie "wees besig, en erken dat ek God is" nie. 



Hy sê "Wees stil." Wees stil. En luister. 



Hoe luister jy eintlik na God? Jy kan sy Woord oopmaak en die Gees toelaat om die waarheid tuis te bring. God praat deur omstandighede, indien jy lank genoeg tot stilstand kom om daaroor na te dink. God praat deur mense wie goddelike wysheid deel. God kan ook direk met jou praat deur sy Gees. Wanneer jy aan die Here behoort, tyd saam met Hom spandeer en stil word voor Hom, sal jy leer om sy stem te herken. 



Miskien het jy die Here gevra vir iets wat jy nodig het. Dit is heeltemal aanvaarbaar, want God wil hê dat ons na Hom moet uitreik. Maar, is jy bereid om te luister na wat God vir jou wil sê, al is sy antwoord nie wat jy wil hoor nie? Hou aan luister, die Here sal jou nie in jou tyd van nood in die steek laat nie. Hy sal jou altyd vashou en jou deur jou pyn dra. 



Bid: Here, ek is gereed om te luister. Wat is u planne in hierdie situasie? Hoe kan ek hierdeur groei? 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hope In The Dark

Hierdie Leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie Leesplan uit die boek, "Hope in the...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid