Leesplan inligting

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweVoorbeeld

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAG 1 VAN 40

Dag 1 – Jesus die groot “Ek is”!

Jesus het aan Thomas wat in ʼn sekere mate elke twyfelaar oor die eeue heen verteenwoordig en wat Jesus se identiteit bevraagteken het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). In die kern van hierdie woorde van Jesus vind ons die term “Ek is”. Hierdie term gebruik Jesus ten minste sewe keer in die Johannes evangelie en staan in ʼn direkte verband met God se woorde wanneer Hy sy Naam aan Moses bekend maak: “EK IS WAT EK IS” (Eks.3:14).

Dit weerspieël die Naam van God in Hebreeus naamlik “Jahweh”, wat beteken om te wees, die selfbestaande Een wat nog altyd bestaan het en die Een wat was, is en nog altyd sal wees. Die dissipels moes onmiddellik Jesus se woorde daarmee in verband gebring het. Vir die Jode was Jesus se gebruik van die begrip godslasterlik, want Jesus identifiseer homself dan mos as ʼn persoon wat met JAHWE gelyk is, daarom wou hulle Hom herhaaldelik stenig.

Vir die dissipels het die woorde egter hulle harte gevul met ontsag dat Hy die Messias en God is en het hulle weens hulle geloof in Hom, Hom daaroor aanbid. Ons begin die reis na die pad van die kruis met die besef dat Jesus die groot “EK is” is en dat ons elke tree wat Hy gee kan bestudeer en navolg.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jes...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://collage.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid