Leesplan inligting

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweVoorbeeld

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAG 9 VAN 40

Dag 9 – Ek is die weg, en die waarheid en die lewe

Jesus se sesde verklaring is waarskynlik die mees omstrede van al sy verklarings. In ʼn mate skakel die ander ses verklarings by hierdie verklaring in. Jesus is die eksklusiewe weg, waarheid en lewe in elke opsig. In die res van die oordenkings gaan ons die diepte van Jesus se woorde in Johannes 14:6 verken.

Onsekerheid oor die toekoms maak mense oor die algemeen angstig. Vroeër in hierdie hoofstuk (verse 1-4), vertel Jesus sy dissipels dat Hy van hulle af weggaan en dat hulle nie saam met Hom kan gaan nie. Vir die dissipels was die idee dat hulle sonder Jesus hulle lewe op aarde moet voortsit, ondenkbaar en uiters steurend. Die angs en onsekerheid van die dissipels is byna voelbaar. Jesus troos sy dissipels en ook elke ander gelowige met die woorde: “Julle moenie ontsteld wees nie; glo in God, glo ook in My” (Johannes 14:1).

Hy bemoedig hulle verder met die woorde: “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is“ (Johannes 14:2- 3). Nadat Hy aan sy dissipels bekend maak dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is verklaar Hy verder dat sy dissipels die pad ken waarnatoe Hy reis. Thomas, een van die dissipels vra dadelik: “Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?” (Johannes 14:5). Dit is in dié konteks dat Jesus die woorde spreek: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).

Wanneer ons onseker is en angs ervaar is dit ons geloof in Jesus wat ons deurdra. Die geloof in Hom dat Hy die nuwe pad is waarop God wil hê ons moet stap wat die enigste waarheid is wat na lewe lei.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jes...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://collage.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid