Leesplan inligting

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweVoorbeeld

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAG 6 VAN 40

Dag 6 – Ek is die goeie herder

Nadat Jesus homself bekend gemaak het as die “ingang” verklaar Hy: “Ek is die goeie herder” (Johannes 10:11). Net soos in die ander “Ek is” verklarings praat Jesus nie net oor wat Hy kan doen of gee nie, maar wie Hy is. Hy gee nie net brood (soos Moses) nie, maar Hy is die brood. Hy weerkaats nie net lig nie; Hy is die lig. Jesus maak dit duidelik dat Hy die goeie herder is wat bereid is om sy lewe af te lê. Hy is veel meer as net nog ʼn persoon wat betaal word om ʼn werk van ʼn herder te verrig. In Jesus se gedagtes was waarskynlik al die Ou Testamentiese skrifte wat verwys het na die Joodse regeerders as slegte herders (Jeremia 23:1-4; 25:32-38; Jesaja 56:9-12; Esegiël 34).

Die verwagte Messias was in die Jode se gedagtes ʼn herder wat vir hulle sou sorg soos God vir hulle gesorg het. Sonder twyfel moes Psalm 23 in die gedagtes van die Jode opkom toe Jesus van Homself as die goeie herder praat. Jesus as die goeie herder gee sy lewe as ʼn offer, want Hy het sy skape lief en is bereid om sy lewe af te lê vir die skape. Hy bewys simpatie en soek die skape wat afdwaal en verlore raak. Jesus vertel die gelykenis van die verlore skaap om hierdie punt te illustreer (Lukas 15).

Die goeie herder laat nege-en-negentig skape agter om te gaan soek na die een wat weg is. Hierdie gelykenis van Jesus gee ons ʼn beeld van ʼn herder wat werklik omgee. Jesus begin om in Johannes 10 as die herder uit te roep na sy skape. Jesus sê in vers 16 dat Hy nog ander skape het wat nie aan hierdie stal behoort nie. Hierdie skrif verwys waarskynlik na die nie-Jode. Hy moet hulle ook lei omdat hulle na sy stem luister, sodat dit uiteindelik een kudde met een herder sal wees. Uiteindelik sal die dag kom waarin Jesus as die goeie herder sy lewe op ʼn kruis vir sy kudde sal gee.

Hy het nie die reis onderneem in opdrag van sy Vader of omdat dit sy taak is nie, maar uit liefde vir die sondige, gebroke, hulpbehoewende mens wat weerloos is soos ʼn skaap. Wanneer Hy uiteindelik kruis toe gaan is dit ook nie die spykers wat hom vasgenael teen die kruis hou nie, maar sy buitengewone liefde vir jou!

Jesus wil jou lei vandag. Miskien voel jy verdwaald, onbeskermd en verward in ʼn bose en wrede wêreld. Plaas jou geloof in Jesus wat die herder is, wat jou lei na ‘n ware lewe.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jes...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://collage.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid