Leesplan inligting

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweVoorbeeld

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAG 40 VAN 40

Dag 40 – Jesus se Hemelvaart

Die hemelvaart van Jesus is die Christelike leerstelling dat Christus fisiek van die aarde af na die hemel opgevaar het in die teenwoordigheid van elf van sy dissipels. Die hemelvaart het plaasgevind op die veertigste dag na Jesus se opstanding in Jerusalem.

Die dood, opstanding en verhoging van Jesus deur die hemelvaart bly die belangrikste gebeurtenisse, en die fondament van die Christelike geloof. Op die dag het Jesus sy 11 dissipels bymekaar geroep op die Olyfberg, buite Jerusalem. Die dissipels het steeds nie heeltemal verstaan dat Christus se Messiaanse sending geestelik en nie polities was nie, en het Jesus gevra: “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?” (Handelinge 1:27-29).

Jesus het hulle toe geantwoord: “Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die einde van die aarde.”

Nadat Jesus dit gesê het, is Jesus opgeneem die hemel in en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. Op Pinksterdag het hulle die Heilige Gees soos tonge van vuur ontvang. Vandag word elke wedergebore gelowige deur die Heilige Gees bewoon, wat wysheid en krag aan hulle gee om die Christelike lewe te leef. Jesus het na die hemel teruggekeer om die gelowige se voorspraak en voorbidder aan die regterhand van God die Vader te word (Romeine 8:34; 1 Johannes 2:1; Hebreërs 7:25). Die werk van Christus se offer (Hebreërs 10:9-18) en sy plaasvervangende versoening is voltooi. Sy sending op aarde is volbring.

Jesus is nou en vir altyd verhewe bo die hele skepping, waardig vir ons aanbidding en gehoorsaamheid (Filippense 2:9-11). Die hemelvaart was Jesus se laaste stap om die dood te oorwin en die ewige lewe moontlik te maak (Hebreërs 6:19-20). Die engele het gewaarsku dat Jesus eendag in sy verheerlikte liggaam sal terugkeer, net soos Hy weg is.

In plaas daarvan om ledig te wag vir die Wederkoms, moet ons Hom aktief volg as die weg, die waarheid en die lewe terwyl ons besig is met die werk wat Christus aan ons opgedra het!

Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jes...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://collage.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid