Leesplan inligting

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweVoorbeeld

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAG 7 VAN 40

Dag 7 – Ek is die opstanding en die lewe

Jesus se verklaring dat Hy die opstanding en die lewe is vind plaas in die konteks van ʼn vriend van Jesus Lasarus, wat gesterwe en reeds vir meer as drie dae dood was. Tydens die hartseer weens verlies in Maria en Martha se lewens verklaar Jesus die werklikheid van wie Hy is: “Ek is die opstanding en die lewe” (Joh.11:25). Uiteindelik eindig die hartseer verhaal op ʼn blye noot deurdat Jesus, Lasarus opwek uit die dood.

Hierdie woorde van Jesus verseker Christene oor die eeue heen van die beloofde opstanding uit die dood wat vir almal wag wat hulle geloof in Jesus geplaas het. Paulus eggo die woorde van Jesus dat geloof in Jesus mense se sterflike liggame transformeer. Hy maak dit duidelik in 1 Korintiërs 15 dat die dood van ʼn gelowige die einde van ʼn aardse bestaan beteken, maar dit beteken ook ʼn nuwe liggaamlike teenwoordigheid in die teenwoordigheid van Christus in die wêreld hierna.

Daarom dat Paulus ook in 1 Tessalonisense 4:13-14 DB skrywe: “My broers en susters, ek wil nie hê julle moet vrae hê oor wat gaan gebeur met dié gelowiges wat reeds dood is op daardie dag wanneer Christus terugkom na die wêreld toe nie. Moenie so hartseer wees soos ongelowiges wat geen hoop het wanneer hulle geliefdes doodgaan nie. Ons glo mos dat Jesus aan die kruis dood is en dat Hy daarna uit die dood opgestaan het. Net so sal God almal wat voor hulle dood in Jesus geglo het, saam met Hom bring wanneer Hy weer na ons toe kom.” Die werklikheid van die lewe is die dood en dit konfronteer ons almal een of ander tyd of deur ʼn geliefde se dood of ons eie (Hebreërs 9:27).

Wanneer jy oor die dood dink of hartseer is weens die dood van ʼn geliefde bring hierdie woorde van Jesus troos en hoop. Wanneer ons in Jesus glo hou die dood geen vrees vir ons in nie!

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jes...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://collage.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid