Leesplan inligting

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweVoorbeeld

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAG 3 VAN 40

Dag 3 – Ek is die brood van die lewe

Jesus maak Homself bekend as die "brood van die lewe" (Johannes 6:35). Hy sê dit nadat Hy die meer as 5 000 mense in die woestyn gevoed het. In die Mediterreense wêreld waar Jesus geleef het, was brood ʼn belangrike deel van die daaglikse dieet. As jy brood, water of ʼn bietjie wyn gehad het, was ʼn hele maaltyd tot jou beskikking. In die konteks waarin Jesus die woorde gespreek het, moes die Jode onmiddellik gedink het aan Moses wat in die wildernis Israel met brood gevoed het. Daarom dat iemand in die gehoor dadelik uitgeroep het toe Jesus dit gesê het: “Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet” (Johannes 6:31). In reaksie hierop sê Jesus: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie” (Johannes 6:35).

Hy sê met ander woorde; julle mag Moses eerbiedig, maar ek gee aan julle iets wat Moses nie kon gee nie, brood wat nie vergaan en oud word nie, maar wat die ewige lewe gee en uiteindelik ook die geestelike dors van die mens vervul. Daarom sê Hy vir hulle: “Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee” (Johannes 6:27). Vandag is Jesus aan jou bekend gemaak as die brood van die lewe wat jy nodig het om te eet om die honger in jou lewe te stil.

Kom na Jesus toe vandag as die weg om die honger in jou siel en gees te voed. Geloof in Hom sal jou geestelike honger vervul en ʼn verhouding met Hom sal jou siel vervul.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jes...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://collage.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid