Leesplan inligting

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweVoorbeeld

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAG 2 VAN 40

Dag 2 – Jesus sê sewe keer wie Hy is

Jesus gebruik volgens Johannes in sy evangelie sewe “Ek is” stellings wat sy identiteit verlig. Elke een daarvan dui op 'n spesifieke aspek van sy goddelike natuur, en die meeste hiervan is gekoppel aan 'n wonderwerk of ʼn belangrike leermoment vir sy dissipels. Die sewe stellings is:

• Ek is die brood van die lewe (Johannes 6:35).

• Ek is die lig vir die wêreld (Johannes 8:12).

• Ek is die deur (Johannes 10:9).

• Ek is die goeie herder (Johannes 10:11).

• Ek is die opstanding en die lewe (Johannes 11:25).

• Ek is die weg, en die waarheid en die lewe (Johannes 14:6).

• Ek is die ware wynstok (Johannes 15:1).

Die stellings maak Jesus (God) teenwoordig in ons daaglikse lewe en het ʼn diep betekenis vir ons spiritualiteit. Ons gaan eerstens in die volgende ses dae fokus op ses stellings van Jesus se woorde en dan in die res van die veertig dae op Jesus se stelling: “Ek is die weg, en die waarheid en die lewe” (Johannes 14:6). In ʼn sekere sin vorm die stelling die kernwaarheid wat die ander ses verlig.

Jy kan nie dié stelling reg verstaan sonder die ander “Ek is” stellings nie. Die term het verskillende toepassings moontlikhede vir ons as gelowiges. In ons omstandighede waar ons God nodig het, is Hy die “Ek is” en nie net die Verlosser nie, maar die Een wat teenwoordig is, kan voorsien wat ons ook al nodig het en onverganklik is. Hy is nie beperk deur ruimte en tyd nie, wanneer ons reg rondom die wêreld reis is Hy die “Ek is” en wanneer ons in die toekoms in beweeg is Hy die “Ek is”. Waar ons onsself ook al bevind en in watter omstandighede ook al is Hy die EEN wat werklik is en bestaan.

Ons gaan in die volgende week by elkeen van die stellings stilstaan. Identifiseer vandag een van die geloofstellings wat jou diepste behoefte aan Jesus reflekteer en gaan lees die gedeelte wat daarna verwys en laat toe dat die waarheid Christus vandag teenwoordig maak in jou lewe.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jes...

More

Ons wil graag Collage Gemeenskapskerk bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://collage.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid