Leesplan inligting

Vreugde: 'n Aftelling tot by KersfeesVoorbeeld

Joy: A Countdown to Christmas

DAG 6 VAN 7

In Vreugde Vervul 


Stel jou voor om 'n eerste-eeuse Israeliet te wees. Jy het gehoor 'n Verlosser is op pad, maar vir 400 jaar het jou mense oorloë, hongersnode, regering oornames en ballingskap verduur. Dan word daar een nag 'n baba met die naam Immanuel gebore; "God met ons". Na jarelange se gewag, kom God se belofte toegedraai in doeke en lê in 'n krip. 


Omdat God buite ons begrip van tyd werk, kan dit dikwels voorkom of Hy traag is om sy doel te bereik. Daar is sommige dinge wat ons net nooit met ons beperkte, menslike perspektief sal verstaan nie, tog is die Kersverhaal 'n herinnering dat God nog nooit 'n belofte gemaak wat Hy nie nagekom het nie.


Dis dikwels in ons wagperiodes dat God ons voorberei vir die planne en beloftes wat Hy vir ons het. Deur die eeue het God Homself as getrou bewys en ons kan dus rus in die wete dat ons vreugde eendag vervul sal wees.


Dink vandag na oor God se getrouheid en skryf neer op watter verskillende maniere hy Homself as betroubaar bewys het.


Bid hierdie Gebed:


Here, help my om vandag vreugde te kies. Dankie dat U u Seun na 'n sondige wêreld gestuur het sodat ons die vervulling van vreugde kan ervaar wat kom wanneer ons U ken. Terwyl ek vandag wag op die vervulling van u belofte, kies ek om my te verbly oor wat U alreeds gedoen het. Ek het U lief en kies vandag om U te aanbid.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Joy: A Countdown to Christmas

Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersver...

More

Hierdie oorspronklike Bybelleesplan is ontwikkel en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid