Leesplan inligting

Vreugde: 'n Aftelling tot by KersfeesVoorbeeld

Joy: A Countdown to Christmas

DAG 2 VAN 7

Vreugde in Menslike Vorm


As jy oor die woord "vreugde" dink, wat kom in jou gedagtes op? 


As jy 'n Israeliet was wat in die Ou Testamentiese tye geleef het, sou dit wees om tydens aanbidding van vreugde uit te roep, jou te verheug in godsdienstige seremonies en met blydskap na te dink oor spesifieke voorbeelde van God se getrouheid aan sy mense. 


Dinge verander effens in die Nuwe Testament. As gevolg van Christus se geboorte is vreugde nie slegs 'n verwagting nie, maar dit is ook 'n versekering met lof gevul, wat in jou woon en jou herinner dat God sy beloftes gestand doen en alles ten goede laat meewerk tot sy eer. Vreugde help om jou oë op Jesus te rig en ander na Jesus te verwys, want in Jesus is daar volmaakte vrede.  


Terwyl jy die koms van Kersfees vier, gebruik 'n oomblik om God te dank vir die vreugde wat in die wêreld gekom het toe Jesus die hemel verlaat en Immanuel, "God met ons" geword het.


Bid hierdie gebed: 


Here God, met U het ek alles wat ek nodig het. Dankie dat U "God met ons" geword het. Dankie dat U die bron van vreugde en die rede vir my aanbidding is. Dankie dat U gekies het om die finale offer te wees sodat ek U persoonlik en intiem kan ken. As gevolg van U het ek 'n rede om te aanbid.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Joy: A Countdown to Christmas

Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersver...

More

Hierdie oorspronklike Bybelleesplan is ontwikkel en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid