Leesplan inligting

Vreugde: 'n Aftelling tot by KersfeesVoorbeeld

Joy: A Countdown to Christmas

DAG 4 VAN 7

Om Vreugde te Kies


Verbeel jou jy is 'n jong, ongetroude, verwagtende vrou in die eerste-eeuse Israel, wat beteken dat jy doodgemaak kan word. Dink hoe dit sou voel om in die sitkamer in te stap en vir jou familie en verloofde te sê dat jy…God se seun verwag. 


Dis die situasie waarin Maria was toe sy vir die engel van die Here gesê het: "Laat met my gebeur wat U gesê het." (Lukas 1:26-27&38)


Dis maklik om na daardie Skrif te kyk en nie raak te sien hoe geweldig die taak was wat Maria moes opneem en wat sy moes prysgee nie. Tog het sy, toe God die engel na haar toe gestuur het, besluit om gehoorsaam te wees, ondanks die risiko van skinderpraatjies, 'n skandaal, verwerping en selfs die dood. Later, toe sy nadink oor God se getrouheid, het sy gekies om God in vreugde te prys, omdat Hy haar nog nooit in die steek gelaat het nie.


Ons hoop dat jy vandag sal onthou dat jy, net soos Maria, deur God, wat jou liefhet en wonderlike planne vir jou het, gekies is. Watter situasie jy jou nou ook al in bevind, onthou dat God nog nooit sy kinders in die steek gelaat het nie, en Hy gaan nie met jou begin nie.


Maak nou tyd om na te dink oor Maria se reaksie op God se planne vir haar. Vra God om jou te help om deur die lewe te gaan met daardie soort geloof, gehoorsaamheid en vreugde. 


Bid hierdie Gebed:


Here God, dankie vir u standvastige liefde en dat niks vir U onmoontlik is nie. Here, help my om in elke situasie en seisoen, my oë op U gerig te hou en U te prys omdat U getrou is. Ek het U lief en vandag kies ek om U te aanbid.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Joy: A Countdown to Christmas

Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersver...

More

Hierdie oorspronklike Bybelleesplan is ontwikkel en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid