Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 1 VAN 14

Perfek soos jy nou is


Kyk jy soms na die mense rondom jou en lyk dit dan vir jou of hulle almal so doelgerig deur die lewe gaan? Voel jy dan onseker oor waar jy op hierdie oomblik in jou lewe is en waarheen jy op pad is?


Die volgende woorde van W. Timothy Gallwey beteken so baie wanneer ek onseker voel: “Wanneer ons ’n roossaadjie plant, kritiseer ons dit nie omdat dit geen wortels en geen stam het nie. Ons behandel dit soos ’n saadjie, gee dit die water en voedingstowwe wat ’n saadjie nodig het. Wanneer die saadjie uit die aarde begin kom, veroordeel ons die plantjie nie omdat dit klein en onderontwikkel is nie; ook kritiseer ons nie die botsels wanneer dit wel verskyn, maar nog nie oopgaan nie. Ons staan in verwondering voor die hele proses wat plaasvind. Ons gee aan die plantjie die sorg wat dit in elke fase van sy ontwikkeling nodig het. Die roos is ’n roos vanaf die oomblik dat die saadjie geplant word totdat die plant eendag doodgaan. Dit het die hele tyd die volle potensiaal van ’n roosboom. Dit verander wel voortdurend, en tog, in elke fase, op elke oomblik, is dit perfek presies soos dit is.”


ONTHOU: Jy is perfek soos jy nou is.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid