Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 9 VAN 14

Die vergelyk-speletjie


Ek het al soveel vroue ontmoet wat swaar dra aan ’n negatiewe beeld van hulle lywe. Voel jy negatief oor jou voorkoms en is jy ontevrede met hoe jy lyk?


Ek het deur ’n tyd in my lewe gegaan toe ek my lyf en voorkoms gedurig vergelyk het met dié van vroue rondom my. Gelukkig het ek uiteindelik besef hoeveel skade ek myself aandoen. Want wanneer ons dié vergelyk-speletjie speel, vergelyk ons feitlik altyd ons swakpunte met iemand anders se sterkpunte. En dit sal ons elke keer ontoereikend en waardeloos laat voel. 


Ek glo hierdie gewoonte om ons met ander vroue te vergelyk, is die grootste oorsaak van ons negatiewe beeld van ons lywe en voorkoms. Gans te dikwels vergelyk ons ons met ander vroue en sê vir onsself: “Dit is ’n werklike stryd.” Maar dit is nie. Hierdie vergelyk-speletjie is onrealisties en vernietigend.


ONTHOU: Voel trots op jou liggaam sonder om dit die hele tyd met iemand anders s’n te vergelyk. Jy is ’n unieke en pragtige skepping. Wees jouself.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid