Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 2 VAN 14

Jy is genoeg


Het iemand al ooit vir jou gesê: “Jy is nie goed genoeg nie. Jy is nie slim genoeg nie. Jy is nie mooi genoeg nie”?


Daar was eenkeer ’n jong, passievolle Amerikaanse vrou wat deur ’n TV-vervaardiger afgedank is omdat sy nie “geskik” was vir TV nie. Haar naam? Oprah Winfrey. Walt Disney is afgedank deur ’n regisseur wat gesê het hy “kort verbeelding en het geen innoverende idees nie”. Elvis Presley het gehoor hy kan nie sing nie en moet maar weer gaan vragmotors bestuur. Stephen King se eerste roman is 30 keer verwerp voordat dit gepubliseer is. Thomas Edison se onderwysers het gesê hy is te dom om enigiets te leer of te bereik. Hy het duisende kere misluk in sy pogings om ’n kommersieel volhoubare gloeilamp te ontwerp.


As iemand maar net vir jou gesê het: “Jy is die verstommendste onontginde hulpbron van jou soort. Alles wat jy nodig het om sukses te behaal, is reeds binne-in jou. Jou vermoëns is beperk, maar jou moontlikhede is onbeperk. Jy is dapper. Jy is pragtig. Jy is genoeg.”


ONTHOU: Ons lees in Efesiërs 2:10: “Ons is God se handewerk. Hy het ons só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Glo dit.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid