Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 6 VAN 14

Bou jou selfvertroue só


Wat presies ís selfvertroue? Dink aan ’n mosterdsaad. Dié klein saadjie is maar 2 mm in deursnee. Tog kan dit ontwikkel in ’n plant wat byna 3 meter hoog raak. Dit is wat ek selfvertroue noem! Om te weet jy gaan iets word wat groter is as wat jy nou is.


Ek wil graag ’n metode met jou deel wat jy kan gebruik om jou selfvertroue ’n hupstoot te gee. Dit is baie prakties en werk regtig: Stel vir jou ’n realistiese doelwit, werk daaraan om dit te bereik, en vier dit wanneer jy dit bereik. 


Hierdie korttermyndoelwitte kan deel van verskeie fasette van jou lewe wees. Dit kan fisieke doelwitte wees, byvoorbeeld om ’n volle minuut te plank sonder om te rus, ’n splinternuwe resep te toets, of jou kaste reg te pak. Dit kan ook ’n emosionele doelwit wees, soos om daardie moeilike oproep te maak wat jy nou al so lank uitstel. Of dit kan ’n moederskap-doelwit wees, soos om elke week ’n sekere hoeveelheid gehaltetyd saam met jou kinders deur te bring.


Wees realisties wanneer jy jou doelwitte vasstel. Onthou ook dat God jou geskep het om goed te vaar. Hy het die pad vir jou gereedgemaak om te verseker dat jy volgens sy plan vir jou sal leef. 


ONTHOU: Wanneer jy vir jou goeie doelwitte stel en dit bereik, sal jou selfvertroue al hoe meer toeneem.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid