Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 4 VAN 14

Liefde vir jouself is nie selfsugtig nie


Skuldgevoelens is vreemde goed. As ’n ma voel ek gereeld skuldig as ek moeg is wanneer ek ná ’n lang dag by die werk by die huis kom en net smag na ’n bietjie rus en alleentyd. Dit is immers gewoonlik die tyd wat ek saam met my seuntjie deurbring. Maar om waarlik teenwoordig te kan wees in hierdie kosbare oomblikke saam met my seun en liggaamlik en geestelik gesond te bly, het ek rus nodig. 


So baie mense glo, dalk onbewustelik, dat dit selfsugtig is om te rus en gehaltetyd met hulleself deur te bring. Om vir jouself lief te wees, is nie selfsugtig nie. Jesus wil hê ons moet ander mense liefhê soos ons onsself liefhet. Dit impliseer dat ons moet lief wees vir onsself. 


Nadat Jesus ’n hele dag lank die mense geleer het, het Hy vir sy dissipels gesê hulle moet saam met Hom eenkant toe kom na ’n stil plek en ’n bietjie rus. Net so het ons ook rus nodig, sónder om skuldig te voel daaroor.


ONTHOU: Dit is nie selfsugtig om vir jouself lief te wees nie. Wat kan jy vandag doen om vir jouself lief te wees?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid