Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 14 VAN 14

Verandering is goed vir jou 


Wanneer ek snags opstaan om water te drink of badkamer toe te gaan, doen ek nie die moeite om die lig aan te skakel nie. Ek ken mos die pad. Wanneer iets verander, soos ’n skoen in my pad of ’n stoel wat effens geskuif het, lei dit tot ’n pynlike ervaring.


Ons hou nie altyd van verandering nie, want ons dink dit lei tot pyn en stres en selfs uitbranding. Wanneer ons egter enige verandering aktief teenstaan, kry ons ook swaar. Om so 'n klompie klein veranderinge in jou alledaagse lewe aan te bring, sal jou dalk net kan oorhaal om meer teenwoordig te leef en groter veranderinge met meer selfvertroue aan te pak.


Hier is ’n paar dinge in my lewe wat ek elke nou en dan verander:


Ek kies ’n ander roete deur die stad.


Ek borsel my tande met my nie-dominante hand.


Ek leer iets nuuts.


Ek bestel iets wat ek nog nooit geëet het nie.


ONTHOU: ’n Klein verandering elke nou en dan is regtig so goed soos ’n vakansie. 


Hierdie oordenkings is geneem uit VANUIT DIE HART deur Rolene Strauss © Christelike Uitgewersmaatskappy. 
Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid