Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 3 VAN 14

Moenie na die wêreld luister nie


Voordat jy verder lees, gaan kyk na jouself in die spieël. Sê: “Hallo, pragtige mens!”


Ja, ek weet. Dit is seker een van die heel moeilikste dinge om te doen. Die meeste van ons sukkel om dit te doen, want die wêreld is daarop ingestel om vir ons te sê dit is nie waar nie. Die wêreld sê vir ons ons is nie goed genoeg nie. Ons verdien dit nie om liefgehê te word nie. Ons is nie mooi genoeg nie. Ons het nie waarde nie.


Ons moet leer om te sê: “Nee. Hou op. Dis nou genoeg. Dit is nie waar nie.” 


Kyk weer na jouself in die spieël. Wat sien jy waarvan jy hou? Dit kan enigiets wees: die glinstering in jou oë, jou glimlag, ’n spesifieke vaardigheid wat jy het, jou empatie met ander mense …


Wanneer jy ook al besef jou selfvertroue is effens min, fokus ’n paar oomblikke op alles in jou en aan jou waarvan jy hou. 


Wanneer jy jouself deur God se oë sien, is dit makliker om vir die pragtige, talentvolle en liefdevolle mens in die spieël te sien.


ONTHOU: Hou op om jouself te etiketteer – bemagtig jouself eerder.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid