Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 7 VAN 14

Ware skoonheid deurstaan die toets van tyd


Het jy al ooit mense ontmoet wat vir jou al hoe mooier word hoe beter jy hulle leer ken? Hoe meer tyd jy saam met hulle deurbring, hoe meer tyd wíl jy saam met hulle deurbring. Dít is ware skoonheid – die soort skoonheid wat uit die hart kom. Vriendelikheid, liefde en geduld. 


Ons almal word oud, maar ware skoonheid sal die toets van tyd deurstaan.


Ek het al soveel keer gevoel ek word op grond van my voorkoms geoordeel deur al die oë wat op my rus. Wanneer jy weer die gevoel kry dat die mense rondom jou jou oordeel op grond van jou uiterlike voorkoms, onthou hierdie waarhede:


Jou ware skoonheid sal altyd te voorskyn kom.


God kyk na jou hart.


Moenie ander mense oordeel op grond van hoe hulle lyk nie.


ONTHOU: Soos liefde in jou groei, sal skoonheid ook groei, want liefde is wat die siel mooi maak. ~ Augustinus

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid