Leesplan inligting

Perfek soos jy nou isVoorbeeld

Perfek soos jy nou is

DAG 5 VAN 14

Die heel moeilikste woord


Daar is ’n woord met baie krag en gesag. Dit het die vermoë om die meeste mense in hulle spore te stuit en om ’n klompie mense aanstoot te gee. Maar dit dwing ook respek af wanneer dit reg gebruik word. Dit het my 25 jaar geneem om te leer om hierdie woord te sê, en ek sukkel steeds soms daarmee. Dit bestaan uit net drie letters: N-e-e.


Van ’n jong ouderdom af ly ek aan wat in Engels "the disease to please" genoem word. Dit is vir my bitter moeilik om nee te sê, want ek is bang dit sal mense kwaad maak of teleurstel. Daarom het ek vir my ’n paar “brandmure” opgerig om my te help om nee te sê:


Oefen in die spieël om hardop nee te sê.


Omring jouself met mense wat namens jou nee kan sê. 


Probeer situasies voorsien waarin dit vir jou moeilik sal wees om nee te sê en doen alles in jou vermoë om dit te vermy.


Sê jy op die oomblik ja vir dinge waarvoor jy weet jy eintlik nee moes gesê het? 


ONTHOU: Die heel moeilikste woord in die wêreld is kort en eenvoudig om te sê. Laat jou “ja” altyd “ja” en jou “nee” “nee” wees, soos daar in vandag se teksvers staan.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities i...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid