Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 10 VAN 10

JY IS NOU DEEL VAN 'N NUWE FAMILIE


God  laat eensames in 'n huisgesin woon. Psalms 68:6


God plaas jou in ‘n geestelike huishouding en familie. Jy moet deel word van ‘n kerk en verkieslik ook van ‘n kleingroep. 


En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, Hebreërs 10:24-25a


En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet. Handelinge 2:46


GOD IS NOU JOU HEMELSE VADER. JY KAN DAAGLIKS MET HOM GESELS SOOS ENIGE KIND MET 'N AARDSE VADER SAL PRAAT.


Die “Onse Vader” gebed wat Jesus sy dissipels geleer het (Matteus 6:9-13) is ‘n voorbeeld van ‘n gebed. Dit is ‘n goeie fondasie waarop ons ‘n gesprek met God mag bou; dit is een van vele maniere waarop ons met God kan gesels.


Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: "Abba!" Dit beteken Vader. Romeine 8:15


BID


Maak jou gesprekke met God in gebed ‘n daaglikse prioriteit.  Jy is nou ‘n kind van die Lewende God en jy moet leer om ‘n gesonde verhouding met Hom te hê.


Almagtige God, die Skepper van alles wat bestaan, is jou Hemelse Vader en wanneer jy bid mag jy Hom ‘Vader’ noem. (Romeine 8:15, 16; Galasiërs 4:6).


Jesus is jou Meester (Heer en eienaar), want Hy het betaal vir jou sonde met Sy kosbare bloed en jou bevry van die duisternis. 


Die Heilige Gees is ‘n persoon – die derde persoon in die drie eenheid van God. Jy mag ook met Hom gesels en hoor hoe Hy met jou praat. Hy is Immanuel (God met ons) en jy mag Hom vra om jou te help bid en ook om die Bybel te verstaan. (Johannes 16:13-15).


LEES JOU BYBEL DAAGLIKS


Begin deur die boek van Johannes te lees en dan die briewe van 1, 2 en 3 Johannes. Lees hulle ‘n paar keer deur.


Na dit, begin met Jakobus, 1 Petrus, Markus en Handelinge.


Dit sal jou baat om deur die hele Nuwe Testament te lees en daarna die Heilige Gees te vra om God se hart en bedoelinge vir jou duidelik te maak deur wat jy lees.


Onthou om die Bybel met ‘n houding van gebed te lees en vra gereeld vir die Heilige Gees om jou te help verstaan wat jy lees. 


Dit help somtyds om sekere teksverse te onderstreep wat vir jou uitstaan. Gebruik ‘n kleur pen of potlood.


SLUIT AAN BY 'N KERK


Dis belangrik om deel van ‘n kerk te wees en ook van ‘n klein groep. Op dieselfde manier as wat jou aardse familie en kinderhuis ‘n omgewing vir jou skep om in te groei tot volwassenheid, dien ons geestelike familie en plaaslike kerk die doel om ons geestelik te laat groei. Dit is waar ons leer om God beter te ken, mense lief te kry en om ‘n impak in ons omgewing te maak. (Miga 6:8)


En dít is die "gawes" wat Hy "gegee het": apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. Efesiërs 4:11-13


Die Kerk is sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. Efesiërs 1:23 


Groei Opsies


Ons wil jou aanmoedig om betrokke te raak by ‘n lewegewende gemeente in jou area. Dit sal jou help groei in genade en in die kennis van ons Heer en Redder Jesus Christus.  (2 Petrus 3:18. )


Vir meer inligting oor verdere groei opsies by jou naaste Doxa Deo kerk, besoek gerus ons webtuiste: www.doxadeo.org


Om beter bekend te raak met wat die Bybel leer oor die onderwerp van God, Mens, Redding, Die Kerk en ander belangrike sake, volg die volgende web adres: https://www.doxadeo.org/about/believe/


Een van die beste maniere om die gewoonte van aanhoudende groei aan te moedig is om 'n daaglikse dissipline te kweek van Bybel lees en bid. Vra Hom wat hy vir jou wil leer deur dit wat jy lees. Die 4-40 Sessies is spesifiek vir hierdie doel geskryf en ontwerp. Jy mag die nodige materiaal vir hierdie sessies verkry by die volgende web adres: www.4-40.co.za

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid