Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 9 VAN 10

BEMAGTIG DEUR GOD OM IN OORWINNING TE LEEF.


BEMAGTIG DEUR DIE DOOP 


Die doop is ‘n manier waarop ons ‘n publieke verklaring maak as gelowiges dat ons ons ten volle onderwerp aan Sy gesag en verlang om deur die Heilige Gees gelei te word, sodat ons ‘n verskil kan maak in ons wêreld. 


Jesus sê: ... gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Wie tot geloof gekom het en gedoop is sal gered word. Matteus 28:19 / Markus 16:16a


Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang." Handelinge 2:38


Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei. Romeine 6:4 





BEMAGTIG DEUR DIE HEILIGE GEES


“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Handelinge 1:8 


Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Romeine 8:14



 


Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.  Galasiërs 5:22,23 


Wat ek bedoel is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheer word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. Galasiërs 5:16, 25 





JY IS NOU EEN VAN GOD SE VERTEENWOORDIGERS


God verlang dat jy met mense deel wat Hy vir jou gedoen het sodat Hy dieselfde vir hulle kan doen. Jou gesprekke en nuwe leefstyl is ‘n getuienis van alles wat met jou gebeur het vandat jy Sy kind geword het. 


Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toegereken het nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 2 Korintiërs 5:19


En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Kolossense 3:17





HOE DEEL EK DIE GOEIE NUUS MET ANDER?


Vertel iemand van God se liefde vir jou en die feit dat Hy al jou sonde vergewe het. Vertel die persoon dat Hy jou ingenooi het om ‘n lid van Sy familie te word – 'n kind van God die Vader; ‘n metgesel met Jesus die Seun; 'n tempel vir die Heilige Gees om in te woon.  



  • Vra hulle of hulle BEWUS is van die feit dat Jesus se lewe, dood en opstanding God se manier is om hulle te vertel hoe lief Hy hulle het? God het hulle so lief dat Hy wil hê hulle moet in Sy familie gebore word, Sy kind word. 

  • Hulle kan elke dag in vryheid leef, met oorwinning oor sonde en skuld - vergewe, nuut gemaak en passievol lief gehê word deur God. 


Vra of hulle GLO dat toe Jesus sy lewe vir hulle gegee het… 



  • Sy dood met hul sondige verlede gedeel het 

  • Sy begrafnis met hul sondige nature gedeel het  

  • Sy opstanding hulle nuut gemaak het vir 'n totale nuwe lewe saam met Hom


Vra of hulle gewillig is om te BELY wat hulle glo God vir hulle gedoen het deur Jesus Christus.


As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Romeine 10:9-10. 


Bid saam met hulle – lei hulle in dieselfde gebed wat jy gebid het toe jy weergebore is in die familie van God.


Nooi hulle om ook hul handtekening in hul Bybel aan te bring – soos jy gedoen het – asof hulle hul handtekening in die Boek van die Lewe in die hemel teken.




Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid