Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 3 VAN 10

 IS JESUS CHRISTUS DIE ENIGSTE WARE VERLOSSER?


JA, JESUS IS DIE ENIGSTE VERLOSSER; DAAR IS NIEMAND ANDERS NIE.




 



  • Niemand kom per ongeluk in die hemel nie. 

  • ‘n Goeie lewe kan jou nie red nie. 

  • Goeie mense gaan nie hemel toe nie…gelowiges gaan! 

  • Godvresende ouers is God se genade gawe vir jou in die lewe; maar hulle is nie die sleutel tot die ewige lewe nie.





Wat Jesus vir Nikodemus vertel het 2000 jaar gelede word nog steeds vandag bekragtig. Ons poog om ‘n goeie lewe te lei, die kerk gereeld te besoek en goeie dade te doen.  Dit – al is dit prysenswaardig – is nie goed genoeg om ons ewigheid saam met God te verseker… of ‘n kwaliteitslewe saam met God nie.  Ons moet wedergebore word indien ons wil deel wees van God se hemelse familie en Sy tipe lewe hier op aarde wil ervaar.


Ons betree die Nuwe Lewe deur die Nuwe Geboorte.





 


WAAROM MOET EK WEER GEBORE WORD … IS EK NIE REEDS 'N UITVERKORENE VAN GOD NIE?


Voordat enigiets geskep is het God (die Alfa en Omega) jou naam in die “Boek van die Lewe” geskryf. (Sien Openbaring 13:8/17:8/1:11, 17 & 18).  


God het vasgestel dat, wanneer jy Jesus aanneem as jou Heer en Verlosser, jy in Hom verkies is. 





DIE BOEK VAN DIE LEWE IS DUS DIE AANTEKENING VAN GOD SE KEUSE EN JOUNE


Die “Boek van die Lewe” werk op dieselfde beginsels as ‘n kontrak. Wanneer jy eiendom wil bekom, maak jy ‘n aanbod wat in die kontrak gestipuleer word. Dit word vergesel van ‘n bank waarborg dat jy oor die nodige fondse beskik om die regulasies van die kontrak te eer. Wanneer die ander persoon die kontrak teken word dit wettig. Op dieselfde manier het God reeds jou naam in “Die Boek van die Lewe” geskryf voor die Skepping. Daarmee saam het Hy Jesus as die perfekte offer en waarborg gegee om jou te ‘koop’ of red uit ‘n lewe van slawerny en duisternis. Die gebed, wanneer jy Jesus aanneem as jou Saligmaker en Here, word dan, as te ware, jou handtekening in “Die Boek van die Lewe” wat alles aktiveer.


Wanneer jy Jesus Christus as jou Heer en Redder aanvaar, teken jy jou naam in “Die Boek van die Lewe” – dit bevestig God se besluit om jou te red van jou sonde. Dit beteken dat jy Sy offer aanvaar en die geskenk van die Ewige Lewe is nou joune. Jy is weergebore!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid