Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 2 VAN 10

 God se Seun – Jesus Christus 


Net soos wat God die inisiatief met die Skepping geneem het, het Hy ook die inisiatief geneem om hoop vir elke persoon te bring wie se lewe ontspoor het of bedreig is deur omstandighede, menslike foute of die vyand se intensies.


Die dief kom om te steel, dood te maak en te vernietig.  Ek kom sodat almal mag lewe hê in oorvloed.  Ek is die goeie herder wat Sy lewe neerlê vir Sy skape.  Johannes 10:10 (gedeelte beklemtoon)


Hy offer hierdie lewe vir ons deur die werk van Christus wat volbring is.  (Efesiërs 2:4, 5a, 8)


Vanaf die tyd van Adam is sonde en dood 'n wrede werklikheid in elke mens se lewe. 


DIE VERDIENDE UITKOMS VAN SONDE IS DIE DOOD, MAAR GOD GEE ONS DIE ONVERDIENDE GESKENK VAN EWIGE LEWE!

Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. Romeine 6:23





IS JESUS CHRISTUS DIE ENIGSTE WARE VERLOSSER?


JA, JESUS IS DIE ENIGSTE VERLOSSER; DAAR IS NIEMAND ANDERS NIE.


Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Johannes 14:6




Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid