Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 4 VAN 10

My Reaksie


Vir elkeen wat Sy uitnodiging aanvaar, belowe Hy:”Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.”  Matteus 11:28-29


Elke mens kom die wêreld binne deur natuurlike geboorte. Jou geboorte word aangeteken in jou land se register. Indien jy in Suid Afrika gebore is, word jy ‘n Suid Afrikaanse burger. Dit word so in jou paspoort aangedui. 


Om die ewige lewe te erf – die Goddelike tipe lewe – moet jy ‘weer’ gebore word (of ‘van bo’). Jy moet gebore word as ‘n kind van die Koning van Konings indien jy die Koninkryk van die hemel wil binnegaan. Daar is ‘n geestelike geboorte wat jy moet deurmaak om jou te verseker van jou hemelse paspoort. Jou naam moet geregistreer word in die Koninkryk se register. Die Bybel noem dit die “Boek van die Lewe” (sien Openbaring 20:15).


Die Bybel vertel ons van Nikodemus, ‘n baie prominente Joodse Leier, wat in die nag na Jesus gekom het met sy vrae. Hy was verras toe Jesus hom vertel dat hy weer gebore moet word sodat hy God se Koninkryk kon binnegaan. 


Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Johannes 3:3,5


INDIEN JY NIE WEERGEBORE WORD NIE, SAL JY NOOIT DIE LEWE VAN GOD KAN BINNEGAAN WAT IN JESUS CHRISTUS GEVIND WORD NIE. 


Jesus het aan Nikodemus verduidelik dat die nuwe geboorte ‘n geestelike geboorte is en dat dit jou lewe op ‘n geestelike wyse sal verander. Die geboorte is slegs moontlik wanneer jy glo dat God jou werklik lief het en jy bereid is om die nuwe lewe wat Hy jou offer te aanvaar deurdat jy Jesus Christus as jou Heer en Meester verwelkom. 


Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Johannes 3:16-17


Die nuwe lewe vind nie op ‘n natuurlike manier plaas nie; dit word ook nie deur ‘n fisiese pa veroorsaak nie. Dit kom van God, ons Hemelse Vader, deur Sy Heilige Gees. Dit word ‘n realiteit wanneer jy bevestig: “Jesus, ek aanvaar U as my Heer en Verlosser.”


God se geskenk aan die mens (jy en ek), is vergifnis en die ewige lewe. Soos elke geskenk wat ons in die lewe ontvang moet ons die geskenk van die Ewige Lewe in Jesus Christus aanvaar voordat dit ons eie word. Dit behoort nie outomaties aan jou net omdat Jesus dit geoffer het nie. Die oomblik van jou nuwe geboorte is wanneer jy besef dat God in Jesus alreeds die volle prys betaal het vir jou redding en vergifnis – en jy dit aanvaar het!




Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid