Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 8 VAN 10

WAT GEBEUR INDIEN JY WEER STRUIKEL?


Jy is nou ‘n kind van die lewende God. Jy was 'n verlore sondaar, maar toe jy Jesus as Saligmaker aanvaar het, het God jou gered.


Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Kolossense 1:13


Wanneer ‘n man en vrou trou, neem sy haar man se van aan as bewys van die feit dat hulle wettiglik getroud is. Sy trek uit haar pa se woning uit na haar en haar man se huis om ‘n nuwe lewe saam te begin. 


Indien sy iets verkeerd doen wat haar man ontstel, beteken dit nie dat sy nie voortaan die reg het om sy vrou genoem te word en dat sy haar nooiensvan moet terugneem nie. Wat sy gedoen het sal spanning in hul huwelik veroorsaak, en indien dit nie aangespreek word nie sal dit ‘n wig tussen hulle in dryf. Dit sal die kwaliteit van hulle verhouding affekteer, maar dit sal nie die feit dat hulle getroud is verander nie. 


Net soos die vrou haar man om vergifnis moet vra om van die wig tussen hulle ontslae te raak om hulle verhouding te herstel, moet ons God om vergifnis vra vir wat ons gedoen het wat Hom seer gemaak het, sodat ons verhouding met Hom herstel kan word. Soos enige huwelik, of verhouding tussen ‘n pa en sy seun of dogter, sal jou verhouding met God nuwe dieptes bereik. Maak dadelik werk van enige blokkasies deur dit na God te neem. Vra vergifnis en reiniging.


Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 1 Johannes 1:9 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid